NewsNews

Kersparty-bederf vir kinders beplan

Die Verrassingspakket-maatskappy wat deur Bennie en Liana van Dyk begin is, beoog om op 26 November ’n Kerspartytjie vir tussen 42 en 50 minderbevoorregte kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar uit die Vaaldriehoek, Parys en Lindequesdrift-omgewing te hou.

Die Verrassingspakket-maatskappy wat deur Bennie en Liana van Dyk begin is, beoog om op 26 November ’n Kerspartytjie vir tussen 42 en 50 minderbevoorregte kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar uit die Vaaldriehoek, Parys en Lindequesdrift-omgewing te hou.
Die partytjie word gehou by Hakuna Matata. Kersvader sal ’n  draai by die kersboom kom maak en Clive Bruce en ander kunstenaars tree op. Daar sal ook ’n  springkasteel, waterwurm, hindernisbaan en potjiekoskompetisie wees.
Die kinders wat die dag bederf gaan word is reeds geïdentifiseer uit die 40 gesinne aan wie daar tans maandeliks kospakkies voorsien word.
Die gemeenskap se ondersteuning word gevra en enige skenkings vir hierdie gesinne sal waardeer word in die vorm van nie-bederfbare kos, skoonmaakmiddels, toiletware, klere, skoene, ou meubels, breekware of selfs mense wat bereid is om werk aan die broodwinners in die gesinne te verskaf.
Mense wat kan help kan skenkings aflaai by Petro Serfontein by Schilbachstraat 91 of skakel Liana by 079 511 3820. Mense kan ook op die Verrassingspakketmaatskappy se Facebook-blad meer inligting kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button