NewsNews

DBV verwyder 93 katte uit versorgingshuis

93 Katte is uit die allervreeslikste haglike omstandighede verwyder nadat die Bloemfontein DBV klagtes ontvang het. Persone wat hul voordoen om katte te “red” se lewe het uitmekaar begin val en die situasie het buite beheer geraak ten koste van die katte se gesondheid en welstand.

Verwaarloosde katte deur DBV verwyder

Verwaarloosde katte deur DBV verwyder

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Bloemfonteinse DBV skryf:

93 Katte is uit die allervreeslikste haglike omstandighede verwyder nadat die Bloemfontein DBV klagtes ontvang het.
Persone wat hul voordoen om katte te “red” se lewe het uitmekaar begin val en die situasie het buite beheer geraak ten koste van die katte se gesondheid en welstand.
Met ons aankoms by ‘n huis in Wilgehof, Bloemfontein, het ons net katte gesien waar jy trap. Ons het deur die huis gestap en orals in die huis was kat ontlasting. Die katsandbokse was oorvol en gevolglik het die katte orals in die huis ontlas. In een kamer was ook ‘n klomp klein katjies en daar was ook ontlasting orals op die matte. Die reuk was baie erg en onuithoudbaar.
Ons het van die katte ondersoek en baie het ‘n baie erge aansteeklike siekte onderlede gehad. Die siek en gesonde katte was orals gemeng in die huis wat baie onverantwoordelik is. Ons het die eienaar van die huis gevra om vir ons mediese rekords van die katte te toon, en sy kon glad nie vir ons enige rekords toon. Ons het ook gevra of die katte ge-ent is teen hondsdolheid waar die eienaar ook bevestig het dat hulle nie ge-ent is nie. Dit is weereens baie onverantwoordelik, omrede hondsdolheid dodelik vir mens en dier is.
In een kamer het ons ook ‘n dooie katjie tussen al die ander katte gevind. Die eienaar het nog nie eens geweet dat daar ‘n dooie kat is nie.
Daar was ook wilde(feral) katte tussen die “mak” katte. Van die katte het heel duidelik aanpassings probleme en was in ‘n hok buite die huis. In hierdie hok was ook baie ontlasting en die katsandboks is duidelik lank laas skoon gemaak. Die totale omstandighede waarin die diere geleef het was onaanvaarbaar, vuil, onhigienies en daar is beslis nie na die beste belang van die diere omgesien.
93 Katte is verwyder en na die Bloemfontein DBV geneem. ‘n Klag van dieremishandeling word teen die eienaar gelê.

Met hierdie in gedagte wil die Bloemfontein DBV graag ‘n beroep op die publiek doen om nie by te dra tot waar ‘n situasie geskep word wat buite beheer raak ten koste van die diere.
Ons wil graag die publiek vra om eers jou huiswerk baie goed te doen oor ‘n organisasie voor jy die organisasie ten eerste ondersteun en ook voor jy diere na die organisasie neem.
Gaan doen ‘n besoek by die organisasie wat jy wil ondersteun en kyk of jy jou eie dier na daardie organisasie sal neem. Indien jy jou eie dier soontoe sal neem, dan is die organisasie seker goed genoeg om ‘n ander se kat of hond na te neem. Moenie net die hond of kat vir die persoon buite die erf gee nie. Gaan binne die perseel, in die huis en maak seker alles is na wense.
Daar is baie organisasies wat diere red, maar party van die organisasies het doodeenvoudig nie die kennis, infrastruktuur, personeel of finansies om alle norme en standaarde hoog te hou nie.
Sorg dat die diere veilig is, gesond is, mediese rekords het, dat hulle gesteriliseer en inge-ent is voor hul aangeneem word en dat die omstandighede op standaard is. Het die organisasie genoegsame personeel om al die diere te versorg, of raak die situasie buite beheer op ‘n stadium?
Het hierdie organisasies ‘n afdeling wat afgesonder is om siek diere apart van gesonde diere te hou? Of is die eienaar onverantwoordelik en meng siek en gesonde diere?
Het elke organisasie ‘n veearts wat gereeld al die diere ondersoek, word daar te veel diere op die erf of in ‘n hok aangehou, baklei die diere, stres die diere of pas die diere bloot nie aan in die omgewing nie?
Daar is so baie faktore om in ag te neem wanneer mense diere red. Moenie jou skuldig maak aan die bose kringloop van dieremishandeling omrede jy mense wat goed gekleë en vriendelik is met diere te vertrou nie. Moenie net die persoon vertrou omdat jy hulle al jare ken en hoor hulle red diere nie. Miskien het jy al voorheen vir hulle diere gevat en alles was in orde, maar onthou tyd het verloop en hulle kry diere by en omstandighede word miskien buite beheer. ‘n Persoon wat in ‘n huis bly kan net soveel diere hanteer en versorg, en situasies word baie gou buite beheer.
Gaan doen fisies self jou ondersoek en kyk of jy heeltemal tevrede is met die omstandighede voor jy ‘n dier in ander se sorg plaas.

A5 A2

A9

Related Articles

Back to top button