Reddingspanne het vroeg vanoggend weer hul reddingspoging hervat om na mense van die verlate voertuie te soek.
Die Johannesburg-rampbestuursentrum is intussen op die been gebring om die skade te bepaal, te begin opruim en diegene in nood by te staan.
Spesiale aandag word aan die gesinne van die informele nedersettings langs die Jukskeirivier gegee, waar sowat 130 gesinne dakloos gelaat is. Die R55-Jukskeibrug het ineengestort en ʼn gedeelte van die grensmuur van die Johannesburg-dieretuin het ook in die slag gebly.
Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku dat hewige donderstorms Donderdagmiddag oor Gauteng verwag kan word. Inwoners moet veral Vrydag op hul hoede wees wanneer daar ‘n 80% kans vir reën is.
You can read the full story on our App. Download it here.