Madeira president en VS Premier by Forum-gesprek vir Blomme Industrie
Onder die belangrike gaste by môre (Vrydag 11 November) se Flower Forum in Parys, is die Vrystaatse Premier, mnr. Ace Magashule wat die openingsrede sal lewer, asook die Madeira president, mnr. Miguel Albuquerque wat sy internasionale rede sal lewer. Die Forum is die afskop vir die eerste Vrystaatse Blommefees wat hierdie naweek, Vrydag 11 en …

Onder die belangrike gaste by môre (Vrydag 11 November) se Flower Forum in Parys, is die Vrystaatse Premier, mnr. Ace Magashule wat die openingsrede sal lewer, asook die Madeira president, mnr. Miguel Albuquerque wat sy internasionale rede sal lewer.
Die Forum is die afskop vir die eerste Vrystaatse Blommefees wat hierdie naweek, Vrydag 11 en Saterdag 12 November in Parys gehou word. Nagenoeg 200 afgevaardigdes uit die nasionale en internasionale blomme industrie sowel as verskeie hooggeplaasdes word by die Partuma Hotel in Parys se nywerheidsgebied verwag vir die Forum-konferensie wat om 09:00 begin.
By die geleentheid sal ‘n oorsig gegee word oor die internasionale blommebedryf, uitdagings en geleenthede met ‘n kundige uit Nederland, Herman de Boon, wat as spreker sal optree.
Daar sal ook spesifiek gekyk word na uitvoer geleenthede en kwessies wat die Suid-Afrikaanse Blomme Industrie raak, toegang tot internasionale markte, die Madeira Blomme Industrie en moontlikhede vir onwikkeling van die Suid-Afrikaanse Blomme Industrie in die Internasionale Mark.



