NewsNews

Madeira president en VS Premier by Forum-gesprek vir Blomme Industrie

Onder die belangrike gaste by môre (Vrydag 11 November) se Flower Forum in Parys, is die Vrystaatse Premier, mnr. Ace Magashule wat die openingsrede sal lewer, asook die Madeira president, mnr. Miguel Albuquerque wat sy internasionale rede sal lewer. Die Forum is die afskop vir die eerste Vrystaatse Blommefees wat hierdie naweek, Vrydag 11 en …

Onder die belangrike gaste by môre (Vrydag 11 November) se Flower Forum in Parys, is die Vrystaatse Premier, mnr. Ace Magashule wat die openingsrede sal lewer, asook die Madeira president, mnr. Miguel Albuquerque wat sy internasionale rede sal lewer.

Die Forum is die afskop vir die eerste Vrystaatse Blommefees wat hierdie naweek, Vrydag 11 en Saterdag 12 November in Parys gehou word. Nagenoeg 200 afgevaardigdes uit die nasionale en internasionale blomme industrie sowel as verskeie hooggeplaasdes word by die Partuma Hotel in Parys se nywerheidsgebied verwag vir die Forum-konferensie wat om 09:00 begin.

By die geleentheid sal ‘n oorsig gegee word oor die internasionale blommebedryf, uitdagings en geleenthede met ‘n kundige uit Nederland, Herman de Boon, wat as spreker sal optree.

Daar sal ook spesifiek gekyk word na uitvoer geleenthede en kwessies wat die Suid-Afrikaanse Blomme Industrie raak, toegang tot internasionale markte, die Madeira Blomme Industrie en moontlikhede vir onwikkeling van die Suid-Afrikaanse Blomme Industrie in die Internasionale Mark.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button