NewsNews

Blommefees: Jy sal die dorp nie ken nie!

Teen Vrydag sal jy hierdie dorp nie ken nie! Só het mnr. Glen Netshivhodza, voorsitter van Vrystaat Toerisme Woensdagoggend 9 November gesê terwyl daar hard gewerskaf is op die oop terrein langs die dorp se hoofstraat om alles gereed te kry vir die naweek se eerste Vrystaatse Blommefees wat in Parys gehou word op 11 en 12 November.

Teen Vrydag sal jy hierdie dorp nie ken nie! Só het mnr. Glen Netshivhodza, voorsitter van Vrystaat Toerisme  Woensdagoggend 9 November gesê terwyl daar hard gewerskaf is op die oop terrein langs die dorp se hoofstraat om alles gereed te kry vir die naweek se eerste Vrystaatse Blommefees wat in Parys gehou word op 11 en 12 November. Die terrein op die h/v St Jan en Van Collerstraat is dan ook die hooffeesterrein.

Van Maandag af kon jy behoorlik sien hoe die dorp begin blom! Nog meer  sakelui en instansies,  het ingespring om kleurvolle sypaadjie-tuine te maak, bome is versier en selfs motors het kleur gekry. Ook die Ngwathe munisipaliteit is hard aan die werk om die dorp te verfraai. Paviljoene is reeds Woensdagmiddag langs die dorp se hoofstraat opgesit vanwaar die publiek die kleurryke vlotoptog Saterdagmiddag in die dorp se hoofstraat vanaf die draai by Enstyle tot by die feesterrein sal kan dophou. Luidsprekers sal ook teen die lamppale aangebring word sodat almal die feesprogram sal kan volg.

Paviljoene wat langs die dorp se hoofstraat opgesit is vir die publiek om die kleurvolle vlotoptog en eerste Vrystaatse Blommefees in Parys te kan geniet. En hoewel baie nog gedoen moet word voor Vrydag het mnr. Glen Netshivhodza, voorsitter van Vrystaat Toerisme, die versekering gegee - "teen Vrydag sal jy die dorp nie ken nie."" Agter hom kan die bouwerk aan die verhoog op die feesterrein gesien word.
Paviljoene wat langs die Parys se hoofstraat opgesit is vir die publiek om die kleurvolle vlotoptog en eerste Vrystaatse Blommefees in Parys te kan geniet.Die fees is hierdie naweek.  En hoewel baie nog gedoen moet word voor Vrydag het mnr. Glen Netshivhodza, voorsitter van Vrystaat Toerisme (foto), die versekering gegee – “teen Vrydag sal jy die dorp nie ken nie.”” Agter hom kan die bouwerk aan die verhoog op die feesterrein gesien word.

20161109_100657

Netshivhodza vertel dat duisende blomme oor die naweek in Parys gesien sal word onder meer met ‘n blomtapyt van derduisende blomme wat op die terrein uitgelê word. Daar is Woensdag ook reeds begin bou aan die verhoog op die terrein.

Netshivhodza  sê die werkery op die terrein sal Vrydagoggend voltooi wees en 43 skeepsvraghouers (containers) sal dan regstaan vir die talle uitstallers wat oor die naweek in die dorp is. Dié houers bly ná die fees op die terrein vir toekomstige handelaars.

Lees in hierdie week se Gazette die volledige feesprogram en wat jy moet weet oor die fees. Toegang by die fees is gratis.

Related Articles

Back to top button