NewsNews

Wine under the Willows 2016

Uit die nie-winsgewende aard van Save the Vaal Environment (SAVE) se werk, maak hulle staat op donasies van die publiek, besighede en ander organisasies om hul bedrywighede voort te sit.

Uit die nie-winsgewende aard van Save the Vaal Environment (SAVE) se werk, maak hulle staat op donasies van die publiek, besighede en ander organisasies om hul bedrywighede voort te sit.
As fondsinsamelaar, bied SAVE hierdie jaar die tweede jaarlikse Wine under the Willows wynproegeleentheid aan by Loch Vaal. Dit beloof om ’n  feestelike piekniek-atmosfeer te wees waartydens daar geproe kan word aan goeie plaaslike wyne, whiskey en “craft” bier.
Die koste is R150 vir volwassene (18 jaar en ouer), hoewel kinders gratis onder toesig toegelaat word. Daar sal springkastele ook wees vir die kleingoed. Hierbenewens is daar kosstalletjies, en van die wyne, whiskey en bier word te koop aangebied.
Indien jy die skoonheid van die Vaalrivier waardeer en die werk van SAVE wil ondersteun om dit so te probeer hou – nooi vriende en familie en kom geniet hierdie feestelike geleentheid.
Kaartjies is te koop by Provision Oogkundiges in Buitenstraat 24. Vir navrae skakel Johan by 083 2044 674 of Megan by 083 286 3500.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button