NewsNews

Vaaldam-vlak kritiek laag

VEREENIGING. – Die watervlak van die Vaaldam het ‘n kritieke stadium bereik na dit tot 26.4% gedaal het. Dit is slegs 1.4% bo die minimun vlak van 25%.

14732182_1230975950299009_3714891764160314346_n-520x293

Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, het gesê hulle gaan volgende week  water van die Sterkfonteindam in die Vaaldam vrylaat om die minimum vlak te beskerm.

 

Die Sterkfonteindam se watervlak staan tans op 91.5%. Daar word beplan om die sluise van die Sterkfonteindam op 7 November oop te maak.

 

Volgens Mokonyane het die Vaalrivier-sisteem 14 damme wat water voorsien aan Gauteng se 13 miljoen verbruikers.

 

Die watervlak van die Vaaldam daal weekliks met sowat 0.9%.

 

Die Sterkfonteindam hou gereserveerde water, maar sal nou gebruik word om water aan die Vaaldam te voorsien.

 

Inwoners word gevra om asseblief saam te werk en water spaarsamig te gebruik in hierdie krisistyd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button