NewsNews

Man in hof wat kind glo doodgeskop het

Kobus Koekemoer, die man wat in hegtenis geneem is vir die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe, verskyn vandag in die hof.

poppie-van-der-merwe

Hy het Vrydag reeds in die Brits-landdroshof verskyn en sal vandag na verwagting aansoek om borgtog doen.

Die nuus dat ‘n driejarige meisie na bewering deur haar stiefpa dood geslaan en geskop is, het verlede week soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Koekemoer is verlede Woensdag by sy huis op ‘n plaas in Mamogaleskraal in Brits in hegtenis geneem.

Poppie is na ‘n hospitaal geneem na die voorval, maar het aan haar beserings beswyk.

Poppie se vyfjarige boetie is intussen in die sorg van sy pa, Christo van der Merwe, geplaas.

Kobus Koekemoer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button