NewsNews

Skuldig sê regter: Du Preez het sy gesin vermoor

EREENIGING. – Fanie du Preez (40) het sy vrou, dogter en seun die oggend van 3 Desember 2015 een vir een koelbloedig vermoor. Regter Hennie de Vos het Du Preez skuldig bevind aan aldrie moorde op onderskeidelik sy vrou Thea (40, Dogter Carlia (17) en seun Philip (14). Du Preez is ook suldig bevind aan poging tot regsverydeling en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Vonnis sal op 12 Desember gelewer word.

Fanie-du-Preez-Maandag-in-die-hof-op-Vanderbijlpark.-Large (1)

 

Regter De Vos het Du Preez  se laaste weergawe as ongeloofwaardig beskou en sê hy het onder eed erken hy het verskillende weergawes.

Volgens regter De Vos was advokaat Van Wyk (verdediging) goed voorbereid op die saak en het Du Preez sy instruksies goed gevolg. Adv. Van Wyk het ook akkurate stellings gemaak gedurende die verhoor.

Daar is egter baie vrae waarop Du Preez nie kon antwoord tydens sy kruisondervraging deur adv. Van der Merwe nie. Hy kon nie antwoord waarom die hond nie die Libanese gebyt het nie, waarom die Libanese nie hul eie vuurwapens gebruik het nie en hoe die Libanese geweet het waar die pistool is. Du Preez kan ook nie verduidelik hoe een van die vuurwapens en ‘n paar handskoene agter in die bakkie beland het nie.

“Hy kon die hof geen verduideliking vir sy bokpratery gee nie,” sê regter De Vos.

“Waarom sal enige aanvaller jou twee keer na jou kamer laat gaan terwyl jou vrou wakker is met die wete sy kan vermoed iets is nie pluis nie en boonop dan weer motorhuis toe gaan en daarna vind die skietery plaas?,” vra regter De Vos.

“Die weergawe is so deurtrek met leuens dat geen hof daarop sal ag slaan nie. As die Libanese dan so lus was om te skiet waarom is die beskuldigde nie ook geskiet nie?”

“Dit is die beskuldigde wat die oorledenes geskiet het en hy het die bewysstukke probeer verdoem om sodoende die polisie te mislei. Daar was ook nie Libanese nie en die beskuldighde het die moorde lank beplan. Hy het geweet as hy ‘n knaldemper gebruik sal niemand wakker word as hy besig is om die moorde uit te voer nie.”

“Elke keer as hy ‘n leuen vertel het, het sy neus gegroei soos die van Pinocchio. Sonder te blik of te bloos het hy sy weergawe aangepas om sy storie beter te maak.”
Cu9S0fCXgAA0eMw

Cu9LE37WYAA5lb-

Cu9abPDWEAE83WF

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button