Is jy ’n oud-Blikoortjie, ouer of onderwyser van die skool? Blikoortjies-kleuterskool in Parys hou ’n 40 jaar lekker saamkuier reünie (1976 tot 2016) dié naweek op Saterdag 5 November van 11:00 tot laat op die skoolterrein in Schilbachstraat.
Die koste is R50 per volwassene, R25 per kind, en kleuters kan gratis kom saamkuier.
Bring net jou eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Die skool voorsien die vuur en bykosse. Daar sal ’n waterglybaan en springkasteel wees en spesiale opvoering deur die kleuters om 12:00. Vure sal gereed wees vanaf 13:00.
Kom kuier saam met huidige en oud-Blikore en geniet die musiek en vermaak vir kinders wat die hele middag gebied word. Vir navrae en besprekings skakel Blikoortjies by (056) 811 4822 of stuur e-pos na blikoortjies2telkomsa.net
You can read the full story on our App. Download it here.