NewsNews

Ma veg verbete teen kanker

MEYERTON. – Ons almal is bewus van kanker, maar dit is eers wanneer dié siekte iemand naby jou tref dat jy werklik die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, besef.

Leanie foto 1 (Medium)

Leanie Stapelberg, formidabele vrou en mamma van drie pragtige kinders het is 2004 ‘n knoppie in haar bors ontdek en dit jaarliks laat opvolg. In 2011, toe haar seuntjie maar twee jaar oud was, is sy met borskanker gediagnoseer. Sy het behandeling gekry en moes noodgedwonge ‘n dubbele mastektomie ondergaan. Die kanker was egter van 2013 tot Julie 2014 in remissie toe sy een oggend uit die bed opstaan en haar dybeen (femur) ‘snap’ en onder haar meegee. Vandaar het die kanker na haar sleutelbeen, heup en ribbes versprei.
Leanie sê sy veg teen kanker omdat sy graag haar kinders wil sien grootword en eendag wil by wees as hulle trou. Sy wil ook graag eendag ‘n motiveringspreker wees om ander wat dieselfde pad stap, te inspireer en te motiveer om nie moed op te gee nie. Leanie kan nie werk, loop of bestuur om ‘n inkomste te genereer om haar gesin aan die lewe te hou nie. ‘n Gholfdag word vir 2 November by die Meyerton Gholfklub beplan en die gemeenskap word genooi om die dag by te woon. Die formaat is ‘n 4-bal en die afslaantyd is om 10:30 (shotgun start). Die 4-bal sal jou maar net R1 600 uit die sak jaag, terwyl ondernemings gaatjies teen R1 000 kan borg. Daar is hope pryse op die spel, waarvan ‘n mid-week verblyf vir ses in die Mabalingwe-natuurreservaat ter waarde van R11 200 maar net een is.
Leanie is ’n jarelange inwoner van Meyerton. Sy het haar laerskoolloopbaan aan Laerskool Voorwaarts voltooi en sy was ‘n trotse Dokkie. Toe sy nog gesond was, het sy gesigverf vir kinders gedoen, naaldwerkklasse aangebied en ook Aloe-produkte verkoop.
Vir nadere besonderhede oor die gholfdag kan Jessie by 082 749 6871 geskakel word.
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button