NewsNews

Sakeman sterf in frats-bootongeluk

Kort nadat honderde besoekers en toeskouers Sondagmiddag opgepak het en huistoe is ná die dag se Dragonboot kragmeting op die Vaalrivier by die Parys Golf & Country Estate, het ’n frats motorbootongeluk die lewe ge-eis van ’n jong sakeman van Parys, André Groenewald. André was die eienaar van André Begrafnisdienste.

Die 44-jarige André Groenewald.
Die 44-jarige André Groenewald.

Hy is net voor 18:00 onderweg ná die Vereeniging MediClinic oorlede. Die ongeluk op die rivier was kort na die prysuitdeling en afsluiting van die dag wat om 16:00 verby was.
Mense wat nog opgeruim het of nog gekuier het op die rivieroewer, het aan Gazette gesê dat niemand regtig seker is wat gebeur het nie, maar dat die motorboot se dak afgeruk is toe dit iets getref het waarop André oënskynlik sy bewussyn verloor en die boot na die oorkantste wal geskiet het waar dit tot stilstand gekom het.
Oomblikke tevore het deelnemers aan die Dragonboot resies nog hier op die rivieroewer onder gazebo’s gesit.
Personeel van Parys Medix wat by die rivier diens gedoen het vir die dag, was onmiddellik op die toneel om hom uit die boot te kry en hulp te verleen. Hy is met baie ernstige inwendinge beserings en ’n  skedelfraktuur eers na die Parys-hospitaal gehaas vanwaar hy per ambulans deur ER 24 en Parys Medix na Vereeniging MediClinic geneem is. Hy het egter in die ambulans aan sy beserings beswyk.
André het oor die afgelope jare vir baie mense as begrafnisondernemer vertroosting in hul hartseer gebied en was vir sy gesin ’n groot steunpilaar.
Baie mense het hom oor die naweek nog by die fees gesien en só ook die Sondag op sy jetski op die water – een van sy groot passies. Te midde van die skok en ongeloof oor die tragedie het mense Sondagaand en ook vanoggend boodskappe van diepe medelye aan sy gesin op Facebook geplaas.
Hy word oorleef deur sy vrou, kinders en familie. Ons innige medelye met die familie.

Die motorboot waarmee André Groenewald Sondagmiddag ’n  fratsongeluk op die Vaalrivier gehad het kort nadat die Dragonboot kragmeting wat die dag hier gehou is, verby was.
Die motorboot waarmee André Groenewald Sondagmiddag ’n fratsongeluk op die Vaalrivier gehad het kort nadat die Dragonboot kragmeting wat die dag hier gehou is, verby was.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button