NewsNews

Fliek Vlooi: The Nice Guys

Ek gee The Nice Guys 8½ /10 en sal dit vir enige iemand (bo die ouderdom van 16 natuurlik), aanbeveel.

nice guys

Die fliek speel af in 1977 in Los Angeles waar Holland March (Ryan Gosling) ‘n kansvatter privaat speurder is wat sy kliënte tap vir alles wat hulle het, voordat hy ‘n poging aanwend om hul verlore familielid te begin soek.
Hoewel hy nie baie entoesiasties is oor sy beroep nie, is hy om een of ander onverklaarbare rede baie goed daarin, of selfs net baie gelukkig.
Tydens ‘n ondersoek loop hy hom vas in die hardkoppige Jackson Healy (Russell Crowe), wat kontrakwerk doen vir mense wat vir iemand ‘n boodskap wil gee, of selfs ‘n les wil leer.
Hoewel hul eerste ontmoeting redelik gewelddadig afgeloop het, het die twee hulself skielik sien saamwerk as onwaarskynlike vennote om die geheimsinnige verdwyning van ‘n baie belangrike jong vrou, Amelia (Margaret Qually) en die reeks verdagte sterftes wat haar volg, te ondersoek.
Toe hulle later besef dat hulle nie die enigste mense is wat na Amelia soek nie, begin dinge hittig raak, en besef hulle dat nie almal vertrou kan word nie.
The Nice Guys is opwindend, spannend, aksiebelaai en baie snaaks. Ek het die fliek van begin tot einde geniet.
Ek gee The Nice Guys 8½ /10 en sal dit vir enige iemand (bo die ouderdom van 16 natuurlik), aanbeveel.
Die twee akteurs wat die hoofrolle vertolk, Ryan Gosling en Russell Crowe, het hul ook goed van hul taak gekwyt en ek kan nie aan beter akteurs vir die twee rolle dink nie.
The Nice Guys het ‘n ouderdomsbeperking van 16 en bevat geweld, seks, naaktheid en kru taal.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button