NewsNews

Du Preez het ‘n verhouding ook gehad

Verdere onthullings het gister aan die lig gekom tydens die hoffsaak waarin Fanie du Preez van Vanderbijlpark in verband met die moord op sy vrou en kinders verhoor word.

634A0861-Medium

DAG 12 Artikel 2 – Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

16 hours ago

10:50 – Adv. Van Wyk vra Du Preez watter dokumente hy wil voorlê.

Regter De Vos weier dit aangesien dit nie ‘n herverhoor is nie.

Adv. Van Wyk wil weet of Du Preez enigiets wil uitklaar rakende gister se vrae. Du Preez sê hy het gister gevra of hy vir bloedtoetse kan gaan, maar kon eers by Leeuhof-gevangenis dit doen. Hy het glo nie lekker gevoel nie.

Du Preez sê hy het bewyse dat hy nie van Thea se polis kennis gedra het nie en dat hy niks wil uitklaar nie.

Adv. Van Wyk roep Jaco van Wyngaardt as die volgende getuie.

10:55 – Jaco word ingesweer en hy sê hy is Du Preez se neef.

Jaco bevestig hy het ‘n oproep van sy ma ontvang wat hom oor die voorval ingelig het. Hy sê hy het met Du Preez op die toneel gepraat en Du Preez het by die polisielede gestaan en gesels.

Adv. Van Wyk vra hoe goed hulle mekaar ken. Jaco vertel dat hulle maar min gekuier het. Adv. Van Wyk vra verder uit oor Du Preez se kleredrag en beserings. Jaco verduidelik dat Du Preez hom ‘n besering gewys het aan sy skouerblad. Du Preez  het glo gehuil en wou ‘n sigaret rook. Jaco getuig verder Du Preez moes ‘n verklaring gaan aflê, maar hy wou nie. Jaco kan egter nie ao. Alberts herken nie.

Jaco getuig Du Preez het hom vertel van die merke voor die huis. Dit was die dag van die moorde getuig Jaco. Jaco getuig ook dat Du Preez gesê het dat hy dors en honger is en getuig verder dat hulle vir Du Preez kos gaan koop het.

Adv. Van Wyk vra Jaco of daar toegang was tot die huis. Jaco sê dit was eers later die oggend wat die toneel toegemaak is.

Adv. van Wyk het geen verdere vrae

Adv. Van der Merwe vra hoe groot die besering was. Hy sê dit was ‘n rooi merk op sy skouer asof hy dalk geval het.  Jaco neem ook kennis van die gestoeiery waarvan Du Preez  praat.

Adv. Van der merwe vra of Du Preez melding gemaak het van enige ander beserings op die toneel. Jaco antwoord nee en voeg by hy het nie dadelik uitgevra wat gebeur het nie. Jaco sê ‘n polisieman het hom vertel die familie is geskiet.

Adv. Van der Merwe vra of Du Preez vir hom gesê het dit was ‘n rooftog.

Adv. van der Merwe het geen verder vrae.

Jaco van Wyngaardt staan af.

Volgende getuie is Koos van Wyngaardt, Fanie se stiefpa.

11:14 – Koos word ingesweer.

Adv. Van Wyk vra Koos vra hoe hy wakker gemaak is die oggend van die moorde. Hy sê aan die hof dat Joan hom wakker gemaak het net omstreeks 04:10. Koos getuig Du Preez het in die kombuisdeur gestaan. Hy getuig Fanie het geskree “Pa, pa hier is ‘n F***p in die huis”. Koos het toe opgestaan en die sydeur oopgesluit.

Koos sê Du Preez  het die kombuisdeur ook oopgemaak en hy het deur die waskamer na Fanie en Thea se huis gegaan. Dit is net die waskamer wat die twee geboue skei. Hy het in die gang afgehardloop en eers vir Thea gekry en daarna vir Phillip op die vloer en Carlia in haar kamer. Carlia was glo toe met ‘n duvet. Hy is terug na die woonstel en het Joan gevra om die polisie te bel, die kinders is geskiet. Hy kan nie veel meer onthou nie, want hy was baie deurmekaar.

Koos getuig hulle is eers later die middag weer in die woonstel toegelaat. Hulle is toe later gevra om die woonstel te verlaat. Hulle mag nie daar gaan slaap het nie.

Adv. Van Wyk vra Koos om te kyk na ‘n foto. Hy vra Koos waar dit is. Koos antwoord dit is in die motorhuis. Koos bevestig dat hy Du Preez gehelp het om die leer te installeer. Adv. Van Wyk vra Koos of die leer kon sak sonder dat die noodhulpkas verwyder word. Adv. Van Wyk vra uit oor die plafon en Koos sê hy het die plafone en bakkie na die voorval reggemaak.

Koos getuig hy moes die bakkie regmaak omdat hulle die huis moes ontruim. Hy getuig hy het die voertuigonderdele gaan kry vir die bakkie. Adv. Van Wyk het geen verdere vrae nie.

Adv. Van der Merwe vra Koos of hulle goed oor die weg gekom het.  Koos getuig die voorval was ‘n geweldige skok terwyl hy begin huil.

Koos getuig dat hy op geen stadium gedink het dat dit Du Preez kon wees het. Koos getuig hy het nie Du Preezgevra wat gebeur het nie. Hy was te geskok om sy kinders dood te sien.  Hy het wel later vir Du Preez gevra wat gebeur het en Du Preez  het net gesê hy weet nie. Du Preez het wel gesê die dwelmverslaafdes was daar.

Koos getuig dat Fanie hom niks vertel het van die beserings. Koos getuig dat die leer op die kant van die bakkie sou afsak. Koos getuig dat die leer wel langs die bakkie sou kon afsak.

Geen verder vrae. Koos word verskoon

Volgende getuie is Joan van Wyngaardt.

11:35 – Joan word ingesweer.

Adv. Van Wyk vra Joan of sy die moeder van Fanie Du Preez is en sy bevestig dit.

Joan vertel oor die verhouding tussen Fanie en die kinders. Sy getuig daar was geen bakleiery voor die voorval nie. Sy getuig die aand van 2 Desember 2015 het hulle om die tafel gesit en Thea het haar gevra dat sy die eiendomsagent bel om te hoor van die verkoop van hulle huis en die geld wat die kinders moes ontvang.

Joan verduidelik dat Thea se oorlede moeder die woonstel op die perseel laat bou het. Sy het R20 000 van haar eie huis wat verkoop is gebruik om die woonstel te bou. Die geld moes Joan en Koos vir Thea teruggee sodat die geld tussen die drie sussies verdeel kon word. Joan getuig sy het die eiendomsagent gebel en bevestig dat Joan en Koos se huis toe verkoop is en dat hulle die geld sou kry om dan vir Thea en die sussies te gee.

Phillip het vir sy ma gevra of hy dan ‘n geskenk kan kry vir Kersfees. Thea het gesê nee hulle is baie mense en sy pa werk nie.

Joan getuig sy kan nie onthou wat dit was nie maar dit sou R7 000 kos.

Joan getuig daar was ‘n onderonsie tussen Thea, Carlia en Phillip.  Joan getuig dat maak nie saak wie kos gemaak het nie, hulle het almal in die groot huis geëet.  Sy getuig ook dat Thea later vir haar en Joan ‘n slaappil gebring het en sy het nie haar pil gedrink nie.

Daarna weet sy nie wat hulle gedoen het nie behalwe dat Du Preez besig was om die bakkie reg te maak.

Joan getuig verder dat sy die deur gesluit het. Koos het gaan slaap en sy was op haar tablet besig toe sy twee sagte geluide gehoor het en toe doem, doem, doem, doem. Sy het dadelik die paniekknoppie gedruk. Sy getuig dit was net na 04:00.

Sy getuig sy het die hek oopgemaak vir Rescom. Toe het ER24 gekom en die polisie. Joan sê hulle het ‘n verklaring by ‘n polisievrou in hul woonstel afgelê.

Sy getuig Du Preez was by hulle in die woonstel nadat hy teen die deur geslaan het en geskree het: “kom help, kom help, daar is ‘n f***p in die huis”. Du Preez het haar vertel dat daar nou ‘n verskriklike ding in die huis gebeur het. Joan getuig Koos het haar teruggehou terwyl Koos gaan kyk het.

Joan getuig dat sy die motorhuideur moes oopmaak vir kolonel Van der Merwe en weer toegemaak.

Joan getuig sy moes die Terios uittrek vir die gat in die vloer en sy het later weer die voertuig ingetrek nadat kol. Van der Merwe klaar daar gekyk het. Joan getuig sy het nooit met Du Preez oor die voorval gepraat nie. Joan getuig oor die Saterdag toe ao. Alberts die huis besoek het om iets kom haal in die wit kas. Ao. Alberts het die kas oopgemaak en sy hand uitgesteek en die kussing gevat wat in die kas was.

Adv. Van Wyk wys Joan drie fotos. Joan bevestig dat dit die rak was en dat daar drie rakke is en hy het dit op die boonste rak gevind. Die volgende foto getuig sy is die kussing wat ao. Alberts uit die kas gehaal het. Adv. van Wyk vra of die stoel op die foto gebruik is om op te klim. Sy getuig die stoel was gebreek en dat adv. Van Wyk sou val as hy op die stoel sou klim.

Joan getuig dat ao. Alberts het uitgevra oor ‘n selfoon en handskoene. Volgens Joan het ao. Alberts ‘n dokument op die glasblad in Phillip se kamer vergeet.

Joan lees “oranje handskoen by bakkie gebruik om mee te skiet. Rooi toolbox nog Blackberry selfoon. Garage hankas no. 3 filter kussing.” Joan getuig Koos het saam ao. Alberts na die motorhuis geloop.

Adv. van Wyk handig die stukkie papier in as bewysstuk.

Joan getuig dat die kinders gekamp het en Thea gehuil het en gesê het dat niks is nie meer dieselfde nie. Adv. Van Wyk het haar gestop en gesê dis irrelevant.

Joan getuig oor ‘n gaatjie in die badkamer venster en Du Preez het ook daarna gekyk

Adv. Van Wyk handig drie fotos in wat Joan afgeneem het. Die gaatjies was in die deur soos hy oopgestaan het. Sy bevestig daar was net een gat. Joan dui op die foto aan met ‘n sirkel waar die gaatjie in die venster was.

Ao. Alberts het aan Joan gesê die gaatjie was van binne na buite. Joan wys ook die Coke bottel aan en wys die buitemuur aan die straat se kant op die fotos aan.

Joan getuig dat ao. Alberts die nodige dokumente by haar kom haal het. Die huwelikskontrak en aansoeke van vuurwapenlisensies. Sy bevestig sy het fotostate van die dokumente gemaak.

Adv. Van Wyk het geen verdere vrae.

Adv. Van der Merwe vra Joan en sy bevestig dat hulle respek vir mekaar gehad het. Joan getuig Thea het haar gesien as haar eie ma.

Sy getuig sy en Du Preez het nie gepraat oor die voorval nie. Adv. Van der Merwe sê aan Joan dit is baie snaaks dat sy tot vandag toe, een jaar later, nog nie vir Du Preez gevra het wat in die huis gebeur het nie. Volgens Joan het sy en Du Preez nooit oor die saak gepraat nie.

Adv. Van der Merwe wys Joan haar verklaring. Sy sê dis moontlik haar verklaring wat sy by die eetkamertafel in die huis afgelê het. Sy sê sy het nie die verklaring gelees en dit is nie voorgelees nie. Sy getuig sy het dalk vergeet dat sy dit gelees het.

Adv. van der Merwe lees uit haar verklaring dat sy vir Du Preez gevra het: “my kind het jy hulle geskiet?”. Du Preez het dit ontken. Adv. Van der Merwe stel dit aan Joan dat Du Preez wel vir haar vertel het wat gebeur het.

Adv. Van der Merwe dui daarop dat sy moontlik vergeet het. Joan beaam dit.

Adv. Van der Merwe lê die verklaring van Joan op 3 Desember 2015 voor wat sy voor ‘n polisievrou afgelê het. Adv. Van der Merwe vra of Joan dit gelees het en of dit aan haar terruggelees is. Sy sê nee maar bevestig dat sy dit geteken het.

Adv. Van der Merwe vra of sy dalk net nie kan onthou nie en Joan sê dis moontlik.

Joan getuig dat Thea vir haar gesê het Du Preez het ‘n verhouding gehad en vir haar ‘n foto gewys van die vrou.

Joan getuig dat Du Preez aan haar erken het dat hy in ‘n verhouding is. Du Preez het ook vir haar gesê dat die verhouding kom al ‘n lang pad. In 2006 was Thea en Du Preez vir vier maande uitmekaar.

Adv. Van der Merwe vra Joan hoekom sy die aantekeninge van ao. Alberts ingehandig het as bewysstuk. Sy antwoord dit is nie waar die kussing gekry het nie. Adv. Van der Merwe vra weer die vraag en Joan sê sy het gedink dis belangrik.

Joan getuig ook dat Fanie en Thea nie finansieële probleme gehad het nie. Joan getuig dat Thea so vier maande voor die tyd met hulle die lewenspolis se bestaan gedeel het. Du Preez was nie teenwoordig.

Joan getuig Du Preez het ‘n merk op sy bors gehad en ‘n blou merk op sy rug asof hy geslaan is. Sy getuig ook oor ‘n merk op sy kop. Adv. Van der Merwe vra Joan het sy vir Du Preez gevra het of hy seergekry het.

Adv. Van der Merwe vra hoe kan sy Du Preez uitvra oor die beserings, maar nie die moorde nie.

Joan getuig dat Du Preez iets genoem het van dwelmbase en dat hy teen ‘n muur gegooi is. “Ek dink so,” sê Joan.

Regter De Vos vra dieselfde vraag oor die beserings aan Du Preez en sy getuig dat dit nie ernstig was nie net ‘n bloederige merkie op die kop. Joan getuig as dit ernstig was sou sy meer aandag aan dit gegee het.

Regter De Vos vra of dit moontlik is dat hy haar vertel het dat hy bewusteloos was.

Sy antwoord dis moontlik. Regter De Vos berispe haar en sê sy moet net antwoord. Joan antwoord deur te sê sy dink hy het gesê hy was uit.

Regter De Vos sê hy dink sy beskerm hom. Joan sê as dit hy is moet hy sy straf vat.

Adv. Van Wyk vra Joan weer uit oor die briefie en dat sy dit na die tyd gaan soek het en vir hom gegee het. Sy bevestig.

Joan word verskoon.

Adv. Van Wyk dui aan dat hy sy saak afsluit.

Regter De Vos vra uit oor die betoë Vrydag.

Die saak word uitgestel na Vrydag 28 Oktober om 11:00 wanneer die twee advokate gaan betoog.

12:45 – Die hof verdaag.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button