NewsNews

Selfverdediging – jy kan baat hierby

Die afgelope week het die oorhandiging van sertifikate nog ’n baie suksesvolle selfverdedigingskursus afgesluit wat oor die afgelope drie maande in Parys aangebied is. Die terugvoer was baie positief.

Die afgelope week het die oorhandiging van sertifikate nog ’n baie suksesvolle selfverdedigingskursus afgesluit wat oor die afgelope drie maande in Parys aangebied is. Die terugvoer was baie positief.
Dit was die tweede kursus vir die jaar en baie kon geleer word so tussendeur die pret wat daar beslis ook was.
Terselfdertyd het kursusgangers gevoel dat hul beslis meer selfvertroue gekry het om hulself te handhaaf in ’n gevaarsituasie.
Hierdie kursus wat deur enigeen bygewoon kan word, word reeds die afgelope 5 jaar georganiseer en aangebied deur Sonja van Rhyn en Shihan Kobus Grobler wat hierdie vrywillige, onbaatsugtige diens aan die gemeenskap lewer.
Veral in tye waar misdaad ’n werklikheid is, is kennis van selfverdediging onontbeerlik en iets wat enigeen kan leer – mans, vrouens, kinders, oud, jonk, fiks of selfs diegene wat glad nie aktief is nie.
Dankie aan ds. Ian Jonker van die NG gemeente Parys-Oos wat weer die kerksaal beskikbaar gestel het vir die duur van die kursus as deel van die gemeente se bydrae tot gemeenskapsdiens. Besonder dankie ook aan Attie vir sy reëlings en bydrae met die gebruik van die saal. Die volgende kursus begin die eerste Woensdag in Februarie 2017 en word oor ’n  periode van drie maande in die NG-gemeente Parys-Oos se kerksaal aangebied. Daar is slegs ’n eenmalige betaling.
As jy  meer wil weet oor die kursus, skakel gerus vir Sonja by 082 327 4250.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button