NewsNews

Dis fees in Parys dié naweek

Die nou reeds bekende Dome Avontuurfees word dié naweek van Vrydag 28 Oktober tot Sondag 30 Oktober in en om Parys gehou. En vanjaar spog die feesprogram met ’n hele paar nuutjies.

Die nou reeds bekende Dome Avontuurfees word dié naweek van Vrydag 28 Oktober tot Sondag 30 Oktober in en om Parys gehou. En vanjaar spog die feesprogram met ’n  hele paar nuutjies.
Hieronder tel die Lipizzaner-skouspel wat verlede jaar die eerste keer in Parys gesien is en oorweldigende belangstelling van oraloor vir hierdie prag perde se musiekvertoning gelok het. Vanjaar is die skouspel vir die eerste keer deel van die feesprogram wanneer hulle Saterdag 29 Oktober om 14:00 in die Afri Dome arena optree.
Ná die baie gewilde kaskarwedrenne wat Saterdagoggend vanaf 08:00 tot 11:30 weer op die Afri Dome terrein aangebied word, is daar vir die eerste keer ’n Family Fun Colour Run – pret vir die hele gesin van oud tot jonk.
Vir die adrenalien-verslaafdes is die X-treme Motorfiets waaghals-vertoning beslis ’n  moet op die Afri Dome-terrein en is daar vanjaar voorsiening gemaak vir 2 vertonings die Saterdag op die Afri Dome-terrein. ’n  Wynproe is nog een van die groot hoogtepunte en ’n  eerste wat jy nie mag mis nie.
Hierbenewens is daar talle buitlug avontuur aktiwiteite wat op verskeie terreine aangebied word waaronder Skydive, 4 x 4, witwaterroei, absailing, laser kleiduif skiet, gholf, perdry, Dome Warrior Sprint, helikopterritte en vele meer. Die mooiste babas en Mnr. en Mej. Dome kronings word reeds die Vrydagmiddag aangebied by die Afri Dome en sorg die Rock-vertonings Vrydag- en Saterdagaand vir kunstenaars soos Kurt Darren, Ray Dylan, Judith Kea, Beeskraal, Altus Theart, Charlize Berg, Black Byrd, Jessi Clegg, Sharoney, Elizma Theron, Karlien Husselman, Juan Boucher, Wynand Windpomp en Rohan en Linda.
Die fees word oudergewoonte afgesluit met die Dragon boot resies op die Vaalrivier by die Parys Golf & Country Estate. Heerlike kuier op die rivieroewer met ’n vleisie op die kole of lekker kosstalletjie lekkernye te koop terwyl jy saam kan geesvang vir die groot roei-kragmeting.
Lees meer op www.domefest.co.za of skakel die Info-kantoor vir meer inligting oor vanjaar se Dome fees by (056) 811 4000.

perde_DSC8449

Hier is die volledige feesprogram:
Vrydag 28 Oktober:
Toegangsbandjie: R100 vir volwassenes, R50 per kind, R50 vir pensioenarisse 65 jaar en ouer en kinders o.2 gratis.
07:00-18:00 – Skydive, Parys-vliegveld
09:00-18:00 – 4×4 Challenge, Stonehenge
09:00 – River Rafting, Real Adventures Basecamp
09:00-11:30 – Klanktoets,  Afridome Arena
10:00 – Abseiling, Laser Clay Shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
11:45-12:00 – Opening of the Dome festival, Afridome Arena
12:00 – Abseiling, Laser Clay Shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
12:00-14:00 – Mnr & Mej Dome Junior aangebied deur The Mark of E & Charlene Salon Pehila, Afridome Arena
14:00 – River Rafting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
14:00 – Abseiling, Laser Clay Shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
14:30-16:30 – Mnr & Mej Dome Senior aangebied deur The Mark of E & Charlene Salon Pehila, Afridome Arena
17:00-23:00 – Kunstenaarsprogram, Afri Dome arena.
17:00 – Rohan & Linda, Afridome Arena
18:00 – Karlien Husselman, Afridome Arena
19:00 – Wynand Windpomp, Afridome Arena
20:00 – Elizma Theron, Afridome Arena
21:00 – Juan Boucher – Afridome Arena
22:00 – Kurt Darren, Afridome Arena
Saterdag 29 Oktober:
Toegangsfooi: R120 vir volwassenes, R60 vir kinders, R60 vir pensioenarisse en kinders o.2 gratis
06:00-16:00 – Golf Challenge, Vaal de Grace
07:00 – Hekke open, Afridome
07:00 – 4×4 Challenge, Stonehenge
07:00-16:00 – Helikopterritte, R200 per persoon by Capital Air. Afridome
07:00-15:00 – Horse Riding Fun event by Afridome
07:00-18:00 – Skydive, Parys-vliegveld
08:00-11:30 – Kaskar-wedren, Afridome-terrein
09:00-12:00 – Klanktoets, Afridome Arena
09:00-18:00 – 4×4 Challenge, Stonehenge
09:00 – River Rafting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
10:00 – Abseiling , Laser Clay Shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
10:00-16:00 – Golf Challenge,Vaal de Grace
10:00-12:00 – Dome Warrior Sprint, Afridome-terrein
11:45-12:15 – Family Fun Colour Run pre-entries at Info Parys, Afridome
12:00 – X-Treme Motorbike Show, Afridome terrein
12:00 – Abseiling , Laser Clay Shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
12:30- 14:30 – Dome Talent, Afridome Arena
14:00 – Lipizzaners Show by Afridome-terrein
14:00 – River Rafting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
14:00 – Abseiling, Laser Clay Shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
15:00 – Wynproe /Winetasting (tickets available at Info Parys), Afridome
15:30 – X-Treme Motorbike Show
15:00-23:00 – Kunstenaarsprogram,
Afri Dome Arena
15:00 – Judith Kea, Afridome Arena
16:00 – Sharoney, Afridome Arena
17:00 – Altus Theart, Afridome Arena
18:00 – Charlize Berg, Afridome Arena
19:00 – Black Byrd, Afridome Arena
20:00 – Ray Dylan, Afridome Arena
21:00 – Jessi Clegg, Afridome Arena92a2196070944b68a2d177e2fcc8180c IMG_8990-Medium-Medium KURT-DARRENweb 93deee34bd6bb46f0f02e1c0efa47e7c_400x400  photo 50ab53c90a7c9-zoom
22:00 – Beeskraal, Afridome Arena
Sondag 30 Oktober:
07:00 – Hekke open by Parys Golf & Country Estate. Toegang R25 per persoon
07:00 – Adventure Run, Deelfontein
07:00-18:00 – Skydive, Parys-vliegveld
07:00 – Registrasie Dragon Boat spanne
07:45 – Captains Meeting Dragonboats, Parys Golf & Country Estate
08:00-12:00 – 4×4 Challenge, Stonehenge
09:00 – Dragon Boats Race begin,  Parys Golf & Country Estate op die R59, Duck Race vir Epilepsie, R50. Kaartjies aanlyn beskikbaar of by Epilepsy Parys, Parys Golf & Country Estate
10:00, 12:00 en 14:00 – Abseiling, Laser Clay Pigeon shooting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp
09:00/14:00 – River Rafting by Real Adventures, Real Adventures Basecamp

Related Articles

Back to top button