
Die man, wat reeds vir sowat ses maande as tuinwerker by die gesin in Van der Hoffpark werk, kan moontlik 10 jaar tronk toe gestuur word vir hierdie gru-daad.
Toe die huishulp Maandagmiddag na buite gaan om wasgoed op te hang, het sy die man betrap waar hy met sy broek op sy enkels gesit het met die ou Labrador teef op sy skoot.
Sy het dadelik die eienaar van die hond geskakel, waarna PAWS en die polisie ook ontbied is. Die sekuriteitsmaatskappy CB Security was ook reeds op die toneel tot die polisie gekom het.
Volgens ‘n familielid behoort die hond aan een van die kinders en lê sy baie na aan die harte van die gesin. Hulle is erg geskok oor die voorval en kon nie glo dat so iets kon gebeur nie.
“As hy dit met hulle hond kon doen, wat kan hy nie aan hulle kinders doen nie?” het die eienaar se suster bekommerd gesê.
Stefan Swanepoel van CB Security sê die man het gesê hy was van plan om die hond te verkrag, maar dat hy gevang was voordat hy die daad kon pleeg.
Swanepoel sê die hond was baie getraumatiseer en bang vir die tuinwerker en daarom vermoed hulle dat die hond dalk al voorheen deur die man verkrag is.
Volgens PAWS inspekteur, Andries Venter, is die hond fisies ongedeerd en veilig terug by die huis.
“Ons wag nog vir die uitslae van die DNA toetse van die polisie,” sê Venter.
Potchefstroom Herald het oor die afgelope 20 jaar nog net oor een ander geval van bestialiteit berig. In Januarie 2010 is ‘n 66-jarige plaaswerker in Ventersdorp gevang waar hy besig was om ‘n vyf maande oue Duitse Herdershond-kruising te verkrag.
Volgens PAWS voorsitter, Darren Kruger, behoort dié misdaad byna net so swaar gestraf te word as kinderverkragting.
Volgens kliniese sielkundige, dr. Elzabè Peters, word bestialiteit dikwels nie gedryf deur ‘n seksuele voorkeur vir diere nie, maar hou eerder verband met eksperimentering tydens kinderjare, seksuele mishandeling of ‘n tekort aan ander kanale vir seksuele uitdrukking.
Volgens statistieke kom die meerderheid van gevalle van bestialiteit (55%) by psigiatriese pasiënte voor.




