Photo GalleriesSport

Groot prysgeld op die spel vir November en Desember pyltjie-toernooie

Veerpyltjiespelers van die omgewing is met ope arms ontvang tydens onlangse samesprekings op Kroonstad met die voorsitter van Vrystaat Veerpyltjies, mnr. Danie Terblanche, die voorsitter van die Noord-Vrystaat streek, mnr. Kobus van Rensburg, die voorsitter van die Vrystaat Sport Kommissie, mnr. Peter Peter, en ’n plaaslike afvaardiging gelei deur Kassie Pretorius vir die stigting van die Fezile Dabi Veerpyltjievereniging. Die formele stigtingsvergadering sal op 22 Oktober gehou word.

Nog goeie nuus is dat veerpyltjiespelers wat kwalifiseer, ook hul nuwe spelhemde ontvang het. Statistieke vir die jaar het tot dusver duidelik gewys watter spelers uitstaan.
In die mans-afdeling ding Danie van der Merwe, Ockert Grobler en Rynhard Malan mee en in die vroue-afdeling is dit Mariaan Preto- rius, Amelia van Zyl en Bella Louw wat mekaar die stryd aansê.
Die R15 000 Palm Court Classic word op 5 November om 10:00 aangebied. Slegs mans en dames pare en enkels sal beslis word.
Die Kassie Pretorius Classic waar spanne wat bestaan uit twee dames en vier mans, sal meeding om prysgeld van R20 000, word beslis op 3 en 4 Desember by die Palm Court Hotel.
Die toernooi het verlede jaar internasionale status gekry met die deelname van Botswana wat reeds ook hul deelname vir vanjaar bevestig het. Slegs 12 spanne kan geakkommodeer word. 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button