NewsNews

Verdagtes nóg soek ná plaasaanval

Teen laat gister is nog gesoek na van die verdagtes wat betokke was by'n plaasaanval gister (18 Oktober) om 07:30 op 'n plaas sowat 15km buite Potchefstroom naby Boshoek Plaas.

plaasaanval

Die verdagtes het glo in ‘n rooi Volkswagen Polo en in ‘n wit Isuzu enkelkajuit bakkie gevlug. Hulle is oënskynlik gewapen.

Twee van die verdagtes is gewond tydens die aanval.  Volgens ‘n verklaring van ER24 het paramedici met hul aankoms op die toneel, twee mans buite die plaashuis gekry.  Albei het skietwonde aan hulle bene opgedoen. Hulle is behandel en glo onder polisie begeleiding deur die provinsiale ambulansdienste na Laratong hospitaal geneem.

Sover bekend het ses verdagtes die huis binne gekom waarna die slagoffer dadelik plaaslike owerhede en boere van die area ontbied het. Na bewering het die owerhede daarin geslaag om die vermeende plaasaanvallers te verjaag en die twee gewonde verdagtes is in hegtenis geneem.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button