NewsNews

Baanbreker geleentheid vir Afrikaans huistaal matrieks

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans Huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voor die eindeksamen begin. Leerlinge van regoor die land sal op Saterdag, 22 Oktober 2016, ʼn gratis regstreekse uitsending oor die internet kan dophou, terwyl bekwame onderwysers die leerders help met finale afronding vir die drie Afrikaans Huistaal-vraestelle.

“Ons bied vir 60 leerlinge die geleentheid om die oggend self gratis by te woon, terwyl ander leerlinge, ook dié buite Gauteng, deur middel van hulle slimfoon, tablet, skootrekenaar of ’n rekenaarsentrum in die omgewing kan inskakel op GeRAT se YouTube-kanaal. Die eksamenvoorbereiding sal geskied by die Kremetart-lokaal by Helpende Hand se hoofkantoor in Kloofsig vanaf 08:00 – 12:00,” sê Hannie Viljoen, projekorganiseerder van GeRAT.

Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat gr.12-leerders landswyd kan inskakel deur die webtuiste www.gerat.co.za te besoek en die Lenteskoolskakel te volg. Onderkant die video sal ’n skakel verskyn waar matrieks vrae aan die onderwysers kan rig. Leerders kan na afloop van die lenteskool te enige tyd na die video’s terugkeer, maar hulle sal nie enige vrae kan stel nie.

Hierdie unieke geleentheid help om matrieks GeRAT te kry vir die eksamen. Stuur gerus enige navrae aan hannie@helpendehand.co.za.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button