NewsNews

VDBP-dokter in sop na meisie se dood

VANDERBIJLPARK. – Twee jaar nadat ‘n jong meisie na ‘n operasie in Mediclini Emfuleni gesterf het, is die staat reg om in ‘n baie hoë profiel saak, ‘n plaaslike dokter te vervolg.

DSC_0863

Franzel van den Bergh (17) was ‘n graad 11-leerling aan die Hoërskool Transvalia en is op Dinsdag 4 November 2014, binne ‘n tydperk van drie weke, na verskeie operasies, in Mediclinic Emfuleni oorlede.

Franzel se hartseer pa Emile het in 2014 aan Vaalweekblad vertel dat sy op 12 Oktober oor maagpyn en naarheid begin kla het. Hulle het haar om 04:00 die volgende oggend hospitaal toe geneem en na verskeie toetse het sy die Maandag 13 Oktober ‘n laparoskopie en blindedermoperasie ondergaan. Op 22 Oktober, 24 Oktober en weer op Vrydag 30 Oktober is sy geopereer. Volgens Emile was daar vog in haar buik en septisemie het begin intree. Op 4 November het hulle weer die vog onder verdowing in die intensiewe sorgeenheid gedreineer en dié keer het die chirurg die skokkende nuus aan haar ouers oorgedra dat hulle haar nie kon bybring nie.

Nou twee jaar later het dr. Whitney Mentor, ‘n praktisyn by Mediclinic Emfuleni, op 7 Oktober in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy deur die staat gedagvaar is. Mentor staar vier aanklagte in die gesig. Die eerste klag is strafbare manslag gevolg deur bedrog. Die derde aanklag is regsverydeling en die laaste het te doen met die wet op die oortreding van geboortes en sterftes.

Emile het buite die hof aan Vaalweekblad vertel dat hulle geen wrok het nie. “Ons soek net antwoorde,” sê Emile.

Volgens hom is daar baie vrae rondom haar dood. Vrae soos: was daar nie dalk iets anders fout met haar nie? Hy het ook gesê dat hy weet dokters doen alles in hul vermoë maar dat iets skeefgeloop het. “Van ‘n blindedermoperasie na dood,” sê Emile is nie aanvaarbaar. Emile, sy vrou Pikkie en hul dogter Anzel was saam met familie en vriende wat hulle ondersteun het in die hof.

Die saak is egter uitgestel en geskuif na die Gautengse hooggeregshof in Pretoria vir 30 Januarie 2017. Dr. Mentor is uit op waarskuwing.

Dr. Whitney Euric Mentor in die hof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button