Onwettige visnette verbrand

VANDERBIJLPARK. – Visvangnette van sowat een kilometer lank is op 3 Oktober deur lede van die polisie se watervleuel uit die Vaalrivier getrek. Nadat hulle verdere ondersoek ingestel het, het hulle op die plek afgekom vanwaar die mense hul onwettige visvangbedrywighede bedryf.

IMG-20161010-WA0014

//

Hulle het die kano’s en die ander visvang gereedskap gekonfiskeer en die nette verbrand.
Die nette word gebruik om groot massas visse te vang en dan te slag en vermoedelik te verkoop. Sowat twee weke gelede is twee verdagtes by die Sam Gross Park in Vereeniging deur die Barrage-polisie se taakmag vasgetrek. Hulle het sommer die visse langs die wal van die Vaalrivier geslag. Die wet op visvang bepaal egter dat jy ‘n vis slegs met ‘n hoek mag vang en dus is hierdie visvangmetode onwettig. Dit is boonop nog wreed ook omdat die vis in die net vas swem en basies versmoor omdat hy nie weer kan uitkom nie.
Die bedrywighede is ook besig om bedreigde spesies wat in die Vaalrivier voorkom, soos die grootbek geelvis, uit te roei.
Die polisie se watervleuel is egter hard aan die werk om die onwettige visvangbedrywighede in die Vaalrivier hok te slaan.

Lede van die polisie se watervleuel het op 3 Oktober nog nette uit die Vaalrivier getrek waarmee die visse gevang word.

* Indien enige persoon op ‘n net afkom kan hulle dit uit die water trek en by die polisie se watervleuel se kantore by die Emerald Resort & Casino gaan afgee, of dit tot niet maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button