Photo GalleriesSchool
Vyf van Parys is nasionale ekspo wenners
Hoërskool Parys het vanjaar nie minder nie as vyf nasionale wenners vir die Nasionale Afrikaanse Ekspo se elektroniese skole-kompetisie opgelewer. Die kompetisie bied ’n kreatiewe uitdaging vir leerlinge en vanjaar was die oorhoofse tema, “Afrikaanse films”. Chané Pelser wen die kategorie vir kortverhale graad 12, terwyl Cara Erasmus die wenner was in die kategorie vir beskrywende opstelle graad 10 en Elzé du Plessis die graad 11 wenner in dieselfde kategorie. Lialma Sinclair was die graad 10 wenner van verhalende opstelle, en Lana van Zyl die wenner van die afdeling vir graad 10 strokiesverhale.
Hoërskool Parys het vanjaar nie minder nie as vyf nasionale wenners vir die Nasionale Afrikaanse Ekspo se elektroniese skole-kompetisie opgelewer. Die kompetisie bied ’n kreatiewe uitdaging vir leerlinge en vanjaar was die oorhoofse tema, “Afrikaanse films”.
Chané Pelser wen die kategorie vir kortverhale graad 12, terwyl Cara Erasmus die wenner was in die kategorie vir beskrywende opstelle graad 10 en Elzé du Plessis die graad 11 wenner in dieselfde kategorie.
Lialma Sinclair was die graad 10 wenner van verhalende opstelle, en Lana van Zyl die wenner van die afdeling vir graad 10 strokiesverhale.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







