NewsNews

Vermeende vleisboef in Parys gekry

Die polisie het vanoggend bekendgemaak dat die 44-jarige mnr. Andre Lamprecht wat op 6 Oktober in Parys gearresteer is, op 4 November hier in Parys in die hof sal verskyn op klagte van bedrog en diefstal.

Die polisie het vanoggend bekendgemaak dat die 44-jarige mnr. Andre Lamprecht wat op 6 Oktober in Parys gearresteer is,  op 4 November hier in Parys in die hof sal verskyn op klagte van bedrog en diefstal.
Dit nadat die polisie in die Vrystaat vroeër vandeesweek ’n  ernstige beroep op mense van Bloemfontein, Parys en Phalaborwa gedoen het om vorendag te kom met inligting oor Lamprecht wie gearresteer en verbind word met  verskeie sake van diefstal en bedrog
Hy het verskeie mense om die bos gelei deur voor te gee dat hy vleis verkoop, net om dan met die niksvermoedende slagoffer se geld verdwyn sonder om die beloofde vleis te gee op die ooreengekome datum. Op die datum wat die vleis gelewer moes word, was die storie dat daar ’n  probleem is met die aflewering wat dan die volgende dag kwansuis gedoen sou word, net om dan weer die slagoffer met leë hande te laat.
Vir sommige het hy voorgegee dat hy 1 600 koeie besit net om dan ’n  paar dae later sy slagoffer saam te nooi op ’n  reis saam met vriende. Eers sou dit R2 000 kos en sodra die geld betaal is, dan kort daar nog ’n  R1 000 wat gedeponeer moet word, het die polisie gesê.
Dae later was daar weer nuwe stories van die reis wat uitgestel moet word weens persoonlike probleme totdat die slagoffer moedeloos raak met al die stories en in sommige gevalle klagte by die polisie gaan lê het in die hoop om hul geld terug te kry.
Van die name wat hy gebruik het om sy slagoffers om die bos te lei was Andre, Andrew, Andrie, Charlie en Lappies en die vanne Lambrecth, Lampreched, Lamprecht en Lanpeched.
Volgens die polisie is daar al verskeie sake geregistreer maar word daar geglo dat selfs meer mense op dié manier bedrieg is met dieselfde modus operandi ook in ander dorpe.
Slagoffers of mense met inligting is gevra om a.o. Karin Jacobs te skakel by 051 412 6707 of 072 241 7224.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button