NewsNews

Sjokolade is brandewyn se regte maat

Tradisioneel word brandewyn saam met Coke rondom braaivure geniet, maar tydens Aardklop is Coke vir ‘n ander donker lekkerte, naamlik sjokolade verruil. Die elegante sowel as robuuste reuke van top gehalte potstill brandewyn was in die lug met Aardklop se eerste Potstill Brandewyn en Sjokolade paring wat by die Equilibria School of Life in Potchefstroom plaasgevind het…

Verskeie brandewyne is met sjokolades gepas by hierdie geleentheid.

Verskeie brandewyne is met sjokolades gepas by hierdie geleentheid.

Tradisioneel word brandewyn saam met Coke rondom braaivure geniet, maar tydens Aardklop is Coke vir ‘n ander donker lekkerte, naamlik sjokolade verruil.
Die elegante sowel as robuuste reuke van top gehalte potstill brandewyn was in die lug met Aardklop se eerste Potstill Brandewyn en Sjokolade paring wat by die Equilibria School of Life plaasgevind het verlede week.

Vyf brandewyne is op die proef gestel met Kaapse wynmeester, Conrad Louw, wat sy kennis en insig oor potstill brandewyn met die fynproewers gedeel het. Hierdie brandewyne het Flight of the Fish Eagle, Oude Meester Demant, Richelieu Vintage 10 Jaar, KWV Potstill 10 jaar en Klipdrift Gold ingesluit.

Buiten die verskillende brandewyne was daar natuurlik ook van Lindt se uitgesoekte sjokolades om die brandewyn proe-ervaring soveel beter te maak.
‘n Melksjokolade, ‘n melksjokolade met neute in, ‘n melksjokolade met Crème Brulee gevul, ‘n donkersjokolade met ‘n rissie afronding, sowel as ‘n donker karamel sjokolade het in hierdie opsig hulle taak uitstekend uitgevoer.

Die kombinasie van sjokolade en brandewyn is dalk nie almal se eerste keuse nie, maar na hierdie geleentheid kan dit met reg gesê word dat hierdie kombinasie ‘n wenner is. Die sterk en soms vol tekstuur van die brandewyn op die palet word uitstekend deur die soetheid en romerigheid van die sjokolade gekomplimenteer. Dit sorg vir ‘n unieke ervaring op die tong – duidelik drink ons brandewyn nog ons hele lewe verkeerd!

‘n Voorbeeld hiervan is die donker sjokolade met ‘n tikkie rissie in vir skop, wat besonders goed met die KWV Potstill gaan. Die skerp sitrus sensasie in die mond word deur die volronde brand geur van die sjokolade ekstra oemf gegee. Nog ‘n wenner was die Crème Brulee sjokolade wat goed saam met die Richelieu Vintage of die meer volronde pynappel nasmaak van Oude Meester Demant gaan.
Volgens Louw het almal hulle eie gunsteling kombinasie, maar beveel aan dat brandewyn met die donkersjoklade wat lemoen geure bevat uitgetoets moet word.

Equilibria het ook ‘n vonkelwyn en sjokolade smaaksensasie aangebied en was net so insiggewend en heerlik soos die potstil brandewyn paring.  Louw het dié smaaksensaie geopen deur Madam Bovary aan te haal deur te se die beste tyd om sjampanje te drink is as jy gelukkig is of as jy hartseer is, soms as jy alleen is maar beslis as jy gaste het as jy haastig is of as jy rustig by die huis sit maar andersins moet jy nooit dit drink behalwe as jy dors is nie.
Die vonkelwyn was definitief soos die naam beskryf het ’n smaaksensasie en iets waarna jy manlief of jou kêrel heen kan vat vir bietjie “tips” oor hoe om romanties te wees.
“Na hierdie proesessie is ek nou seker dat julle brandewyn as meer as net ‘n mengsel saam met Coke sien,” het Louw grappig genoem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button