LetterOpinions

Wanneer is dit ons beurt?

Omgekrapte Vereeniging-inwoner skryf:

Omgekrapte Vereeniging-inwoner skryf:

Ek sal baie graag wil weet watter dorp skoongemaak is. Seker Vanderbijl, daar sien ek daagliks dat iets gedoen word. Wat van Vereeniging? Hier in Steelpark en Homer gebeur werklik niks nie. Mense van buite laai hulle rommel by ons af, ons paaie is in ‘n toestand. Die gate word al hoe meer en niks word gedoen nie. Munisipaliteit, doen asseblief iets dat daar beheer oor die rommelhope kan wees. Soos in Arconpark en Sonlandpark.

Dit word wel skoongemaak, maar binne twee ure word weer rommel gestrooi wat die strate vollê. Waar is ons raadslid? Hoekom moet ons lewensgehalte so daal dat mense nie meer omgee nie?

Related Articles

Back to top button