NewsNews

Aardklop kook en Potchefstroom maak oop

Aardklop het nog nie eers sy piek bereik nie en die stad is reeds vol opgewonde feesgangers. Dinsdag, die eerste dag van Aardklop, is gewoonlik die stilste dag van die fees, maar hierdie jaar is dit baie anders. Gewoonlik is die feesterrein ook op ‘n Dinsdagaand teen 19:00 al stil, maar stalletjiehouers kon eers om 21:00 begin om toe te maak omdat dit nog so besig was. Toe die Herald in 1998 berig het oor die eerste Aardklop in Potchefstroom, het almal reggestaan vir die sowat 30 000 feesgangers wat die dorp sou binnestroom, maar teen Dinsdagmiddag om 12:00 het die Herald verneem dat daar reeds sowat 10 000 mense deur die hekke is. Aardklop-personeel kon dit nie bevestig nie, maar daar word verwag dat hierdie jaar se Aardklop een vir die boeke gaan wees met hopelik meer feesgangers as ooit tevore.

Gewoonlik is die feesterrein ook op ‘n Dinsdagaand teen 19:00 al stil, maar stalletjiehouers kon eers om 21:00 begin om toe te maak omdat dit nog so besig was.
Toe die Herald in 1998 berig het oor die eerste Aardklop in Potchefstroom, het almal reggestaan vir die sowat 30 000 feesgangers wat die dorp sou binnestroom, maar teen Dinsdagmiddag om 12:00 het die Herald verneem dat daar reeds sowat 10 000 mense deur die hekke is.
Aardklop-personeel kon dit nie bevestig nie, maar daar word verwag dat hierdie jaar se Aardklop een vir die boeke gaan wees met hopelik meer feesgangers as ooit tevore.
“Die eerste dag van Aardklop het my stoutste verwagtinge in alle opsigte oortref. Dit lyk asof produksies baie goed ondersteun word, waarvoor ons regtig dankbaar is.Boonop het die mense na die Bult gestroom en talle stalletjie-eienaars het vir my personeel gesê dat hul ’n baie goeie dag gehad het,” sê feesbestuurder, Alexa Strachan.
Aardklop is jaarliks een van Potchefstroom se grootste finansiële inspuitings. Beeld het Dinsdag berig dat daar verwag word dat Aardklop feesgangers sowat R47 miljoen in Potchefstroom tydens die fees sal bestee.
Dewald van Breda, voorsitter van die Aardklop direksie, sê met net die terreintoegang en kaartjieverkope sal sowat R12 miljoen geïn word, terwyl feesgangers tot R35 miljoen op verblyf en ander uitgawes kan bestee.
Aardklop het Maandag afgeskop met die gewilde Kunssafari wat kunsliefhebbers op ‘n reis deur verskillende kunsuitstallings neem. Die uitstallings wat by die NWU Botaniese Tuine Galery, die NWU Hoofgalery, die Sanlam Ouditorium, die Alumnisaal en die Snowflake-gebou is, kan tydens Aardklop gratis gesien word.
Alexa se projek, die Taxi-teater, is sover ook ‘n gunsteling. “Ek is veral trots hoe ons Taxi-teater Dinsdag ondersteun is. Dit blyk ’n wegholsukses te wees en die mense gaan vinnig moet spring as hulle kaartjies vir die oorblywende Taxi-teaters wil kry. Ons is ongelooflik trots op hierdie projek wat poog om Aardklop deel van die groter Potchefstroom-gemeenskap te maak.
Die terugvoer van mense wat dit bygewoon het, veral op sosiale media, was regtig positief en dit blyk ’n treffer te wees,” sê sy.
Donderdagoggend was Kabous Meiring van kykNET se Prontuit-aktualiteitsprogram die gespreksleier by die ATKV-Boeke-oase.
Die gesprekke begin om 08:00 in die oggend by die ATKV Boeke-oase en elke oggend het ‘n ander tema en gasspreker. Vrydag sal die laaste van die gesprekke plaasvind met Kabous. Vrydag se tema gaan oor Afrikaanse flieks wat eens ‘n rariteit was, maar tans word die mark toegegooi. Die meeste maak glo nie juis geld nie.
Wat bespreek gaan word is of vervaardigers nog aangemoedig moet word om Afrikaanse flieks te maak, of moet die klem eerder op ‘n handvol gehalte-flieks wees?
Maak seker jy loop nie die laaste van hierdie gesprekke mis nie.
Besoek https://www.potchfees.co.za/ vir die Aardkop program en om meer uit te vind oor produksies en vertonings wat nog by Aardklop gesien kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button