NewsNews

Nou moet jy 21 wees om te alkohol te gebruik

Miskien gaan sommige ouers se grootste droom een van die dae waar word as die regering sy sin kry dat jongmense jonger as 21 nie meer alkohol mag gebruik nie.

Muffy_Birthday

Indien so sal die slapelose nagte van jou kind op universiteit se naglewe jou dalk minder uit die slaap hou.

Luidens ‘n verklaring van Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Suid-Afrika die hoogste persentasie van alkoholinname (10-12 persent) in vergelyking met ‘n wêreldgemiddeld van 6 persent.

Volgens hom kan talle beserings in Suid-Afrika ook met alkoholinname verbind word en bestee die regering sowat R3,7 miljard aan probleme wat uit alkoholmisbruik spruit.

Die voorstelle in die wysigingswetsontwerp is gedoen deur na ander lande te kyk waar dit bewys is dat negatiewe voorvalle wat met alkohol verband hou, minder is waar die ouderdom van alkoholverbruik verhoog is.

Die wysigingswetsontwerp oor alkoholiese drank is verlede week deur die kabinet aanvaar en daarvolgens sal onverantwoordelike drankverspreiders en -vervaardiger kortgevat word. Dit sal ook verhoed dat advertensieborde wat alkohol adverteer naby vervoergeriewe soos treinstasies opgerig word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button