NewsNews

Aardklop word hierdie jaar deur Beurtkrag getref

Ivan Botha en Donnalee Roberts gaan binnekort weer saam in aksie wees in hul nuwe verhoogproduksie, Beurtkrag, wat tydens Aardklop gesien kan word. Hierdie produksie is verwerk vanuit die bekroonde kortfilm met dieselfde naam wat tydens verlede jaar se Silwerskermfees as kortfilm met die beste teks gekroon is. Wanneer Jasper en Fransie vir die eerste keer saam intrek, tref beurtkrag hulle. Wat veronderstel was om die perfekte ‘onthou dag’ te wees, ontaard in ‘n aand waarin die verlede se rou bagasie oopgekrap en uitgepak word. Jasper word vertolk deur Ivan, en Fransie deur Donnalee. Min mense weet dat beide hierdie akteurs se liefde en passie vir toneelspel op die verhoog gebore is. Ivan moes weens ‘n rugbesering ophou rugby speel in graad 11 en het toe by drama betrokke geraak. “Ek het die voorreg gehad om dadelik in ‘n skoolproduksie te wees, die gogga het gebyt en nog nooit laat gaan nie,” sê Ivan. Donnalee het al op die ouderdom van sewe besef dat sy ‘n akteur gaan wees toe sy saam met haar pa ‘n produksie van Alice in Wonderland gaan kyk het. “Daar was ‘n spesifieke oomblik waar ek besef het dat dit ‘n dogtertjie is wat Alice speel en dat ek ook Alice in daardie wonderwêreld kan wees,” sê sy.

Donnalee Roberts en Ivan Botha in Beurtkrag.

Donnalee Roberts en Ivan Botha in Beurtkrag.

Ivan Botha en Donnalee Roberts gaan binnekort weer saam in aksie wees in hul nuwe verhoogproduksie, Beurtkrag, wat tydens Aardklop gesien kan word.
Hierdie produksie is verwerk vanuit die bekroonde kortfilm met dieselfde naam wat tydens verlede jaar se Silwerskermfees as kortfilm met die beste teks gekroon is.
Wanneer Jasper en Fransie vir die eerste keer saam intrek, tref beurtkrag hulle. Wat veronderstel was om die perfekte ‘onthou dag’ te wees, ontaard in ‘n aand waarin die verlede se rou bagasie oopgekrap en uitgepak word. Jasper word vertolk deur Ivan, en Fransie deur Donnalee.
Min mense weet dat beide hierdie akteurs se liefde en passie vir toneelspel op die verhoog gebore is. Ivan moes weens ‘n rugbesering ophou rugby speel in graad 11 en het toe by drama betrokke geraak. “Ek het die voorreg gehad om dadelik in ‘n skoolproduksie te wees, die gogga het gebyt en nog nooit laat gaan nie,” sê Ivan.
Donnalee het al op die ouderdom van sewe besef dat sy ‘n akteur gaan wees toe sy saam met haar pa ‘n produksie van Alice in Wonderland gaan kyk het.
“Daar was ‘n spesifieke oomblik waar ek besef het dat dit ‘n dogtertjie is wat Alice speel en dat ek ook Alice in daardie wonderwêreld kan wees,” sê sy.
Die duo speel al die afgelope paar jaar in bekende Suid-Afrikaanse films, maar hulle geniet die verhoog net so baie soos die skerms.
“Albei bring genot op verskillende maniere,” sê Ivan, en Donnalee gee nie om in watter medium sy die storie hoef te vertel nie.
Ivan se gunsteling karakter wat hy al moes vertolk is Basson in die film Pad na jou hart, maar hy sê sy karakter in Beurtkrag, Jasper, is net so lekker.
Jasper kan lekker sarkasties wees en hou van die eenvoud van die lewe. Hy vind alledaagse kwessies vervelig en verkies om probleme te ignoreer. Hy sal eerder maak asof niks fout is nie.
Donnalee sê sy het al baie geleer by die verskillende karakters wat sy al moes vertolk, maar net soos Ivan, is haar gunsteling Amory, van Pad na jou hart, ook omdat dit die eerste karakter was wat sy geskryf het.
“Maar ek moet sê Fransie in Beurtkrag is ‘n heerlike uitdaging en die tipe karakter wat ek nog nie al vantevore die kans gehad het om te kan speel nie,” sê sy.
Fransie leef volgens haar eie reëls en kyk op ‘n unieke manier na die wêreld. Sy is ook, volgens Donnalee ‘n loskop, en nie bang om ‘n ding te sê soos dit is nie.
Met Beurtkrag wil hulle die gesprek van verhoudings op die tafel sit. Ivan sê hulle wil ‘n spieël op hou vir die gehoor van verhoudings met bagasie, seer, en waarin paartjies nie werklik kan kommunikeer nie.
“Beurtkrag laat jou nadink oor die wisselwerking in ‘n verhouding, en hoe belangrik dit is om eerlik met jouself en die ander persoon te wees,” sê Donnalee. “Op die einde van die dag kom dit op vergifnis neer,” sê sy.
Sien vir Ivan en Donnalee vir die eerste keer by Aardklop en koop jou kaartjies vir Beurtkrag nou by Computicket.
Hulle tree nog Vrydag 7 Oktober om 13:00 en Saterdag 8 Oktober 20:00 by Gimmies op.


Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button