Pa se dood steeds ’n raaisel
’n Hartaanval het sy dood veroorsaak. So is verlede week met die nadoodse ondersoek van die 88-jarige mnr. Charles van Rooyen bevind. Wyle mnr. Van Rooyen se liggaam is Sondagmiddag, 25 September in ’n klerekas in sy huis in Coenie Steylstraat, Parys gevind nadat sy kleindogter, Charmaine en haar man Parys toe gery het toe die familie vroeër nie antwoord op sy selfoon kon kry nie, en ’n onbekende persoon in ’n stadium die foon beantwoord het. By die huis gekom het hulle die hek en voordeur van haar oupa se huis oop gekry. Die kombuisvenster was ook gebreek en die diefwering afgesaag. Verskeie items is uit die huis vermis.

’n Hartaanval het sy dood veroorsaak. So is verlede week met die nadoodse ondersoek van die 88-jarige mnr. Charles van Rooyen bevind.
Wyle mnr. Van Rooyen se liggaam is Sondagmiddag, 25 September in ’n klerekas in sy huis in Coenie Steylstraat, Parys gevind nadat sy kleindogter, Charmaine en haar man Parys toe gery het toe die familie vroeër nie antwoord op sy selfoon kon kry nie, en ’n onbekende persoon in ’n stadium die foon beantwoord het.
By die huis gekom het hulle die hek en voordeur van haar oupa se huis oop gekry. Die kombuisvenster was ook gebreek en die diefwering afgesaag. Verskeie items is uit die huis vermis.
Hulle het dadelik ’n buurvrou gevra om die polisie te ontbied, waarop wyle mnr. Van Rooyen se liggaam gevind is. Die nadoodse ondersoek het bevind dat hy waarskynlik daardie Sondagoggend gesterf het, kort voordat sy liggaam gekry is.
Die polisie het intussen reeds bevestig dat daar steeds gesoek word na die inbrekers.
Volgens mnr. Van Rooyen se seun, Johan, is daar soveel onbeantwoorde vrae oor wat die dag van sy pa se dood gebeur het.



