NewsNews

Die getalle agter Aardklop 2016

Hier is paar interessante feite en statistieke wat die Aardklop-span met die gemeenskap wil deel.

Aardklop logo met strap

Aardklop is om die draai en alles is besig om vinnig in plek te val. So ‘n fees verg baie reëlings en harde werk en neem gewoonlik ‘n hele jaar om te beplan. Vanjaar se Aardklop-span is baie trots om te bevestig dat hulle Aardklop 2016 in slegs drie maande gereël het.
Hier is paar interessante feite en statistieke wat die Aardklop-span met die gemeenskap wil deel.
•15 200 kabelbande (cable ties) is gebruik
•200 rolle kleefband is gebruik
•Daar is 23 teaterlokale
•Daar is twee oop verhoë (ATKV en kykNET) op die terrein
•3 700 plakkate is gedruk
•250 tydelike werknemers is aangestel
•30 amptelike Aardklop voertuie is geakkrediteer
•2 000 inwoners en voertuie op die Bult is geakkrediteer
•800 aanwysingsborde is opgestel
•60 tydelike verkeersborde is opgestel
•400 etes per dag sal verskaf word aan BBP’s, spanne, personeellede en borge
•2 km heinings is opgerig
•Daar is 508 stalletjies met elektrisiteit en ligte
•Daar is 384 geakkrediteerde kunstenaars
•Daar is 120 tegniese spanlede
•Daar is 120 geakkrediteerde diensleweringspersoneellede
•Daar is 495 individuele sekuriteitswag skofte geskeduleer
•Daar gaan 56 vertonings op die ATKV verhoog plaasvind
•Daar gaan 110 vertonings op die kykNET verhoog plaasvind
•Aardklop het tans 7 657 “likes” op Facebook
•Elke feesganger kry 500 MB data verniet met komplimente van Safricom
•Daar is 17 kunsuitstallings en 13 kurators
•Dit sluit in 280 visuele kunstenaars van ses verskillende lande
•14 900 km is die totale afstand wat die visuele kunswerke na Potchefstroom moes reis
Die Aardklop-span bedank al hulle borge en organiseerders wat gehelp het om die fees moontlik te maak. “Aardklop 2016 verwelkom almal met ope arms!”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button