NewsNews

Basset dalk na twee jaar terug by familie

Twee jaar gelede het die Theron gesin hulle Basset, Alex in die koepel area verloor. Die gesin het oral gesoek na hulle geliefde hond, hulle het selfs ʼn vliegtuig gehuur om te sien of hulle hom nie van die lug af kan raaksien nie. Drie dae gelede het Paws ʼn Basset in die Venterskroon area opgetel. Darren Kruger, voorsitter van Paws, het toe Alex twee jaar terug weg geraak het, die familie baie bygestaan in hulle soektog.

Rene Theron en die Basset wat dalk Alex kan wees. FOTO: Facebook

Rene Theron en die Basset wat dalk Alex kan wees. FOTO: Facebook

Twee jaar gelede het die Theron gesin hulle Basset, Alex in die Koepel area verloor.

Die gesin het oral gesoek na hulle geliefde hond, hulle het selfs ʼn vliegtuig gehuur om te sien of hulle hom nie van die lug af kan raaksien nie. Drie dae gelede het Paws ʼn Basset in die Venterskroon area opgetel. Darren Kruger, voorsitter van Paws, het toe Alex twee jaar terug weg geraak het, die familie baie bygestaan in hulle soektog.

Hy het ʼn gevoel gehad dat hierdie Basset, die Theron gesin se Alex kan wees, hy het vanoggend (28 September)  vir Rene Theron geskakel om te kom kyk of dit nie dalk Alex is nie. Volgens Kruger, wil hulle eers doodseker maak dat hierdie Basset wel Alex is. Theron se dogter wie oppad terug van die wildtuin af is, is glo die persoon wat verseker sal kan bevestig of dit Alex is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button