NewsNews

DinosAlive se dinosourusse is hier!

Kom beleef die prehistoriese wêreld van dinosourusse by die DinosAlive-uitstalling wat vanaf Donderdag 29 September tot Sondag 30 Oktober by die Matlosana Mall in Klerksdorp plaasvind. DinosAlive is ’n interaktiewe uitstalling wat besoekers miljoene jare terugneem na die tyd toe reusagtige dinosourusse die aarde bewandel het. Besoekers kan uitsien om verskeie prehistoriese reptiele, soos die Ankylosaurus, Spinosaurus, Triceratops, Tyrannosaurus Rex, Velociraptor en die reusagtige Brachiosourus, van nader te bekyk. In totaal bestaan die uitstalling uit 25 bewegende- en lewensgrootte dinosourusse wat hulle oë knip, geluide maak en selfs beweeg! Hierdie dinosourusse is die eerste keer in 2014 ten toon gestel by die V&A Waterfront in Kaapstad en sedertdien sorg DinosAlive vir hope pret vir die hele gesin. Besoekers kan ’n verskeidenheid vermaaklike aktiwiteite verwag soos, onder meer, om op die Tyrannosaurus Rex of die Apatosaurus te ry, om terug te reis in tyd met die Dino-fliekteaters en om fossiele op te grawe. Kinders kan ook hul gesigte laat verf en op ’n springkasteel speel.

Kom beleef die prehistoriese wêreld van dinosourusse by die DinosAlive-uitstalling wat vanaf Donderdag 29 September tot Sondag 30 Oktober by die Matlosana Mall in Klerksdorp plaasvind.
DinosAlive is ’n interaktiewe uitstalling wat besoekers miljoene jare terugneem na die tyd toe reusagtige dinosourusse die aarde bewandel het. Besoekers kan uitsien om verskeie prehistoriese reptiele, soos die Ankylosaurus, Spinosaurus, Triceratops, Tyrannosaurus Rex, Velociraptor en die reusagtige Brachiosourus, van nader te bekyk. In totaal bestaan die uitstalling uit 25 bewegende- en lewensgrootte dinosourusse wat hulle oë knip, geluide maak en selfs beweeg! Hierdie dinosourusse is die eerste keer in 2014 ten toon gestel by die V&A Waterfront in Kaapstad en sedertdien sorg DinosAlive vir hope pret vir die hele gesin. Besoekers kan ’n verskeidenheid vermaaklike aktiwiteite verwag soos, onder meer, om op die Tyrannosaurus Rex of die Apatosaurus te ry, om terug te reis in tyd met die Dino-fliekteaters en om fossiele op te grawe. Kinders kan ook hul gesigte laat verf en op ’n springkasteel speel.
“DinosAlive is ’n wonderwêreld vir kinders, maar dit is ook ’n besondere opvoedkundige geleentheid,” meen Etienne Schlechter, organiseerder van DinosAlive en direkteur van ExpoAfrica. “Dit is vir ons belangrik dat mense ’n onvergeetlike ervaring moet hê en terselfdertyd ook iets van hierdie besondere diere leer,” voeg hy by. Schlechter nooi almal om saam op reis te gaan en te sien hoe DinosAlive se dinosourusse in Klerksdorp lewendig word.
Moet nie hierdie gesinspret misloop nie. Die uitstalling is oop van Maandag tot Sondag, 09:00 tot 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die deure en beloop R100 vir volwassenes en R75 vir kinders. Daar is ook ’n gesinspakket beskikbaar teen R320 en skoolgroepe van 20 leerders of meer betaal slegs R50 per kind. Bespreek nou u kaartjies by una@expoafrica.co.za of 081 011 1718. Vir meer inligting besoek gerus www.dinosalive.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button