Dragon Boat spanne maak reg vir die groot Vaal-kragmeting
Dragon Boat spanne het hierdie week in alle erns begin oefen vir die groot kragmeting op 30 Oktober wanneer die jaarlikse Domefees Dragon Boat kragmeting weer op die Vaalrivier se water by Parys Golf & Country Estate gehou word. Die feesnaweek is vanjaar effens vroeër, van 28 tot 30 Oktober.
Dragon Boat spanne het hierdie week in alle erns begin oefen vir die groot kragmeting op 30 Oktober wanneer die jaarlikse Domefees Dragon Boat kragmeting weer op die Vaalrivier se water by Parys Golf & Country Estate gehou word.
Die feesnaweek is vanjaar effens vroeër, van 28 tot 30 Oktober.
Spanne het van gister (28 September) ernstig begin oefen en oefeninge is vanjaar by die plaaslike roeiklub.
Die Dragon Boat kragmeting bied vir menige Parysenaars en toeriste die geleentheid om piekniek te hou op die walle van die rivier, met braaivleisvure vanwaar hulle die wedvaarte kan volg. Toeskouers word vermaak met musiek, terwyl die wat nie kans sien om self te braai nie, kan smul aan die heerlike eetgoed wat te koop aangebied word.
Die wedvaarte word dan ook verfilm deur die kameras van Jimmy Jaggers, sodat elke toeskouer hoe ver of hoe naby aan die eindstreep, wel die einde kan beleef met hulle eie oë. ’n Pretdag vir oud en jonk.
As jy nog nie jou span ingeskryf het nie, moet jy gou spring. Daar is nog net enkele plekke oop. Pak die piekniekmandjie en nooi al jou vriende en familie om die dag saam te kom geniet. Toegang is R25 per persoon en kaartjies sal by die hek verkoop word. Hekke open om 07:30 vir die publiek. Vir navrae skakel (056) 811 4000.
Foto: Dragon Boats 2016



