NewsNews
Duisende betoog by VUT
ANDERBIJLPARK. – Duisende studente drom tans by die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) saam vir die Fees Must Fall-veldtog wat landwyd universiteite lam lê . Hoewel alles tans kalm is, heers daar ‘n gespanne atmosfeer. Polisie is op die toneel, maar handhaaf ‘n lae profiel binne die kampus se terrein. Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) is tans gesluit, nadat besekermingsdienste in die vroeë oggendure ‘n poging deur vandale om die kampus aan die brand te steek, afgeweer het. Dinge is tans rustig by NWU Vaal.
Fotograwe en joernaliste neem foto’s van ‘n veilige afstand. Duisende studente drom tans saam by VUT. Foto: Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. – Duisende studente drom tans by die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) saam vir die Fees Must Fall-veldtog wat landwyd universiteite lam lê . Hoewel alles tans kalm is, heers daar ‘n gespanne atmosfeer. Polisie is op die toneel, maar handhaaf ‘n lae profiel binne die kampus se terrein. Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) is tans gesluit, nadat besekermingsdienste in die vroeë oggendure ‘n poging deur vandale om die kampus aan die brand te steek, afgeweer het. Dinge is tans rustig by NWU Vaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



