NewsNews

PUK Apies gaan nie geskiet word nie

Gerugte dat die talle blouapies wat hulself tuis gemaak het op die NWU se Potchefstroomkampus geskiet gaan word, is onwaar. Die Herald het verlede week ‘n oproep ontvang van ‘n baie ontstelde dierkunde student met die vermoede dat die apies op kampus geskiet gaan word.

Gerugte dat die talle blouapies wat hulself tuis gemaak het op die NWU se Potchefstroomkampus geskiet gaan word, is onwaar. Die Herald het verlede week ‘n oproep ontvang van ‘n baie ontstelde dierkunde student met die vermoede dat die apies op kampus geskiet gaan word.
Sy het blykbaar by ‘n sekuriteitsbeampte gehoor dat daar beplan word om die apies van kant te maak deur hulle tydens die vakansie te skiet.
Volgens die NWU se woordvoerder, Johan van Zyl, was daar nog nooit ‘n plan op die tafel gesit om die apies te skiet nie, en sal daar ook nooit wees nie.
“Die student wat julle gebel het se inligting is van alle waarheid ontbloot,” sê hy.
Die blouapies wat nou al vir ‘n geruime tydjie op die kampus woon, het al deel geword van die alledaagse kampuslewe. Behalwe vir die feit dat hulle asblikke uitgooi en na bewering deur koshuiskamers se vensters klim, het hulle tot nou toe geen ernstige probleme veroorsaak nie.
Daar was wel enkele gevalle waar die apies mense op die kampus gejaag het, maar volgens Van Zyl is dit nooit amptelik by Beskermingsdienste aangemeld nie. Van Zyl sê omdat dit wilde diere is, is hulle moeilik om te hanteer. “Verskeie organisasies, waaronder Natuurbewaring, het al lokvalle gestel om te probeer om die dominante mannetjie te vang en te verplaas,” sê hy. Daar word beweer dat as die dominante mannetjie weggevat word, dit die getalle van die apies aansienlik sal verminder.
“Dit was egter sonder sukses want hy is net té slim!”
Verlede jaar was daar planne vir die organisasie PrimateSA om die apies te vang en te verplaas na ‘n ander habitat, maar die planne het nooit gerealiseer nie. In ‘n vorige verklaring het NWU woordvoerder Kiewiet Scheppel gesê dat mense nie die apies moet voer nie.
“Ek moet ook byvoeg dat dit nie ‘n konstante probleem is nie. Die apies kom en gaan soos wat kos op die kampus beskikbaar is. In die geval waar studente nie op kampus is nie – soos tydens vakansies, neem die getalle van die apies drasties af,” sê Van Zyl.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button