Hoërskool Parys doen dit weer by Ekspo
Hoërskool Parys het weer vanjaar aan die Nasionale Afrikaanse Ekspo se elektroniese skolekompetisie deelgeneem. Dié kompetisie bied ’n kreatiewe uitdaging vir leerlinge en vanjaar was die oorhoofse tema “Afrikaanse Films”.Die oorhoofse tema was vanjaar Afrikaanse Films. Leerders en onderwysers het baie hard gewerk en altesaam 131 inskrywings ingestuur. Die werke is hierdie jaar net op nasionale vlak beoordeel. Daarvan het 37 inskrywings ’n goue toekenning verwerf terwyl daar 62 silwer- en 15 bronstoekennings ontvang is. Leerlinge van Hoërskool Parys was boonop die nasionale wenners in vyf kategorieë. In die kategorie kortverhale graad 12 het Chané Pelser gewen. Cara Erasmus was die wenner in die kategorie beskrywende opstelle graad 10, terwyl Elzé du Plessis die wenner in graad 11 was. Lialma Sinclair was die graad 10 wenner van verhalende opstelle en Lana van Zyl die wenner van die graad 10 strokiesverhale. Hierdie is uitstekende uitslae en ‘n bewys daarvan dat plattelandse skole selfs op nasionale vlak met topskole kan meed
Hoërskool Parys het weer vanjaar aan die Nasionale Afrikaanse Ekspo se elektroniese skolekompetisie deelgeneem. Dié kompetisie bied ’n kreatiewe uitdaging vir leerlinge en vanjaar was die oorhoofse tema “Afrikaanse Films”.Die oorhoofse tema was vanjaar Afrikaanse Films.
Leerders en onderwysers het baie hard gewerk en altesaam 131 inskrywings ingestuur. Die werke is hierdie jaar net op nasionale vlak beoordeel. Daarvan het 37 inskrywings ’n goue toekenning verwerf terwyl daar 62 silwer- en 15 bronstoekennings ontvang is.
Leerlinge van Hoërskool Parys was boonop die nasionale wenners in vyf kategorieë. In die kategorie kortverhale graad 12 het Chané Pelser gewen. Cara Erasmus was die wenner in die kategorie beskrywende opstelle graad 10, terwyl Elzé du Plessis die wenner in graad 11 was. Lialma Sinclair was die graad 10 wenner van verhalende opstelle en Lana van Zyl die wenner van die graad 10 strokiesverhale.
Hierdie is uitstekende uitslae en ‘n bewys daarvan dat plattelandse skole selfs op nasionale vlak met topskole kan meeding en hulle uitstof.




