Vee-fees soos min op Parys gehou
Sy’s almal se ouma, baasbakster en Kokkedoor van formaat. En kok of te nie - as jy tannie Poppie Coetzer nog nie persoonlik ontmoet het nie - hier is jou kans. Tannie Poppie stel haar tweede kookboek bekend as deel van die Alfa (Livestock Trade Fair) vee-fees wat vir die eerste keer in Parys hierdie week van 27 September tot 1 Oktober by die Afri Dome gehou word.
Sy’s almal se ouma, baasbakster en Kokkedoor van formaat. En kok of te nie – as jy tannie Poppie Coetzer nog nie persoonlik ontmoet het nie – hier is jou kans.
Tannie Poppie stel haar tweede kookboek bekend as deel van die Alfa (Livestock Trade Fair) vee-fees wat vir die eerste keer in Parys hierdie week van 27 September tot 1 Oktober by die Afri Dome gehou word.
Nog ’n groot hoogtepunt van die fees is die Nasionale Boerboel-kampioenskappe op Saterdag 1 Oktober.
Voeg daarby verskeie interessante demonstrasies soos ’n kaasdemonstrasie, ’n Toyota 4 x 4 gevorderde bestuursaanbieding, unieke Waguy wyn en kos passing, veeveilings en kompetisies en jy’t ’n fees vir ieder en elk.
Vir veeboere is hierdie die ideale geleentheid vir gesprek met ’n eiesoortige ekspo en vertoonvenster van uitsonderlike vee.
Hier sal kennis uitgeruil word, die nuutste tegnologie op die mark bekendgestel word en ’n handelsplatform geskep word vir koper en verskaffer, selfs oor Afrika-grense heen.
Dit is ‘n handelsekspo wat die verskillende fasette van die veebedryf en sy waardekettings uit ‘n verhandelings- en tegnologie-perspektief wil aanbied.
Verskeie werkswinkels, praatjies en kursusse vorm deel van die program met ’n wye verskeidenheid onderwerpe waaronder ’n reproduksie werkswinkel, teelwaardekursus vir vleisbeeste, die Jong Telers konferensie,’n plaaswerker kursus, plaasbestuurskursus, bespreking van vleis uitvoere uit SA, die rol van die kerk in landbou, ’n kuilvoer konferensie, vee ekonomie werkswinkel, vroeë siekte waarneming, bespreking van die wildboerdery en veeboere, asook die veeverbeteringswet.
Selfs boogskiet-geesdriftiges kom hier bymekaar vir hul streekkampioenskappe die Saterdag by die fees.
Toegang vir kinders o.13 jaar is R30 per dag en toegang vir kinders van 13 en ouer asook volwassenes is R50 per dag. Weekkaartjies kan ook gekoop word teen R150 per kaartjie (een prys vir kinders en volwassenes). Kaartjies is beskikbaar by iTickets op https://itickets.co.za/. Kaartjies sal ook by die hek te koop wees. Vir navrae skakel Nerina van Zyl by 079 323 9975 of e-pos nerina@alfaexpo.com of Freek Pieterse by 079 560 7088 of e-pos freek@alfaexpo.com.



