Entertainment

Fliek Vlooi: I Am Wrath

Stanley Hill (John Travolta) moet toekyk hoe ‘n bende rowers sy vrou, Vivian (Rebecca De Mornay) in ‘n parkeerarea doodskiet nadat sy hom op die lughawe gaan haal het. Die moordenaar word vrygelaat ten spyte daarvan dat Stanley hom uitgeken het tussen ‘n groep ander verdagtes. Toe speurder Gilmore (Sam Trammell) geen antwoorde kon verskaf oor die vrylating van sy vrou se moordenaar nie, begin die rooftog wat handuit geruk het, bitter vinnig na ‘n georganiseerde misdaad lyk. Stanley begin besef dat hy die reg in eie hande moet neem en kontak sy ou vriend, Dennis (Christopher Meloni) om hom te help om die misdadigers aan te keer. Dit is wanneer Stanley en Dennis herenig wanneer ‘n mens besef dat hulle ‘n baie geheimsinnige en gevaarlike verlede deel wat hulle tot nou toe goed weggesteek het. Saam verv

i-am-wrath.44404

Stanley Hill (John Travolta) moet toekyk hoe ‘n bende rowers sy vrou, Vivian (Rebecca De Mornay) in ‘n parkeerarea doodskiet nadat sy hom op die lughawe gaan haal het.
Die moordenaar word vrygelaat ten spyte daarvan dat Stanley hom uitgeken het tussen ‘n groep ander verdagtes.
Toe speurder Gilmore (Sam Trammell) geen antwoorde kon verskaf oor die vrylating van sy vrou se moordenaar nie, begin die rooftog wat handuit geruk het, bitter vinnig na ‘n georganiseerde misdaad lyk.
Stanley begin besef dat hy die reg in eie hande moet neem en kontak sy ou vriend, Dennis (Christopher Meloni) om hom te help om die misdadigers aan te keer.
Dit is wanneer Stanley en Dennis herenig wanneer ‘n mens besef dat hulle ‘n baie geheimsinnige en gevaarlike verlede deel wat hulle tot nou toe goed weggesteek het.
Saam vervolg hulle die moordenaar, maar in hul veldtog van wraak besef hulle dat die misdaad veel dieper loop en dat die moord van sy vrou baie meer beplanning geverg het as wat hy homself ooit kon verbeel.
In sy missie na wraak besef hy dat hy nie net die vyand van bendeleiers gaan word nie, maar ook die vyand van selfs die belangrikste persone in die regering.
I Am Wrath is ‘n aksiebelaaide en spanningsvolle storie van ‘n man wat alles op die spel sal sit om geregtigheid te laat geskied vir die moord van sy vrou.
John Travolta en Christopher Meloni maak seker dat jy nie jou sitplek verlaat tydens die duur van die film nie.
Vir twee mans van onderskeidelik 62 en 55 jaar oud het hulle werklik sonder moeite ‘n paar skurke op hul plek gesit.
Ek gee I Am Wrath 7/10.
Daar is aksie, opwinding en spanning, maar hier en daar kan die fliek ‘n bietjie buitensporig en onrealisties raak.
*I Am Wrath het ‘n ouderdomsbeperking van 16 en bevat geweld en kru taal.
Die DVD is beskikbaar om uit te neem by DVD4home op die hoek van Retiefstraat en Govan Mbekirylaan of skakel hulle by (018) 293 3895.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button