SA’s wag vir dié skuts
Tydens die Oranje Vaal Skietprovinsie se prysuitdeling het verskeie skuts van Hoërskool Parys erkenning gekry. Timothy Bezuidenhout ontvang ’n bronsmedalje vir die 10M Sporterskut-kategorie en ’n silwermedalje vir die Senior 3P Sporterskut-kategorie. Hy verwerf ook sy OVL (Oranje Vaal Luggeweer Skiet) Provinsiale Kleure vir die 2de Jaar en haal die OVL SA-span vir die derde jaar. HJ van der Merwe ontvang die beker en goue medalje as Beste o.12 Sporterskut.

Tydens die Oranje Vaal Skietprovinsie se prysuitdeling het verskeie skuts van Hoërskool Parys erkenning gekry.
Timothy Bezuidenhout ontvang ’n bronsmedalje vir die 10M Sporterskut-kategorie en ’n silwermedalje vir die Senior 3P Sporterskut-kategorie. Hy verwerf ook sy OVL (Oranje Vaal Luggeweer Skiet) Provinsiale Kleure vir die 2de Jaar en haal die OVL SA-span vir die derde jaar.
HJ van der Merwe ontvang die beker en goue medalje as Beste o.12 Sporterskut.
Deriek van der Wat ontvang ’n bronsmedalje in die Kategorie vir Junior 3P Sporterskut en haal ook die OVL SA-span.
Vincent van der Merwe is vir die tweede jaar ingesluit in die OVL SA Span, terwyl Lourens Vos erken is vir goeie vordering getoon in sy eerste jaar van deelname in die Junior 3P Sporterskut-kategorie. Hy sal ook aan die SA’s deelneem.
Die SAARA SA Ope-kompetisie word op 7 en 8 Oktober in Vanderbijlpark gehou.



