Riool-skande by begraafplaas
Rioolwater wat klaarblyklik dalk vir weke lank uit verstopte mangate direk in die Vaalrivier ingeloop het in Parys se ou begraafplaas, en ’n dam stinkende water gevorm het, is verlede week deur ’n inwoner van Parys, mnr. Leon van Rooyen ontdek nadat hy toevallig op die gemors afgekom het.

Dit het benewens die groot gesondheidsgevaar ook ’n onuithoudbare stank hier veroorsaak. Die begraafplaas is teenaan Parys se hoofpad en grens ook aan die Saligna-woonbuurt. Dit wil voorkom asof die rioolwater al vir minstens drie weke lank hier loop. Van Rooyen vertel dat hy verlede Dinsdag DA-raadslede, die gesondheidsinspekteur en selfs die Ngwathe burgemeester by die begraafplaas gehad het om hulle die besoedeling te wys. Teen verlede Woensdagoggend toe die Gazette saam met mnr. Van Rooyen weer die terrein besoek het, was munisipale werkers van die Ngwathe tegniese afdeling besig om die mangate oop te maak, maar dit was toe al duidelik dat hier rehabilitasie van die besoedelde terrein gedoen sal moet word. ’n Munisipale werker en Van Rooyen het aan Gazette vertel hoe grond hier onwettig van die rivieroewer gevat en weer verkoop word, en dat dit bydra tot die verstopping van die mangate.