NewsNews

HelpHanna-projek verskaf meer as net sanitêre produkte

Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek verskaf aan meer as 3600 meisies sanitêre produkte en selfwaarde Solidariteit Helpende Hand het in Augustus 2015 bewus geword van die tekort aan sanitêre ware wat baie meisies beleef. Die #HelpHanna-projek is geloods om die probleem aan te spreek. ʼn Jaar later getuig onderwyseresse dat meisies meer selfvertroue het en selfs die vrymoedigheid neem om vir hulp te vra.

Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek verskaf aan meer as 3600 meisies sanitêre produkte en selfwaarde

Solidariteit Helpende Hand het in Augustus 2015 bewus geword van die tekort aan sanitêre ware wat baie meisies beleef. Die #HelpHanna-projek is geloods om die probleem aan te spreek. ʼn Jaar later getuig onderwyseresse dat meisies meer selfvertroue het en selfs die vrymoedigheid neem om vir hulp te vra.

Helpende Hand het vanjaar weer ʼn studie gedoen oor die impak van die projek op meisies se lewens. Die vraelys is deur ʼn onderwyseres in al die deelnemende skole beantwoord en bespreek onder andere meisies se vrymoedigheid om kwessies rondom menstruasie te bespreek en die verbetering in skoolbywoning en selfvertroue by behoeftige meisies. Volgens die onderwyseresse het 71% van die meisies die vrymoedigheid om vir hulp te vra. Dit is ʼn stewige styging van die 50% wat verlede jaar gewillig was om vir hulp te vra.

Volgens die 2015-studie het meer as 10% van meisies in Afrikaanse skole ’n tekort aan sanitêre produkte. Die tekort lei dat 7% van meisies op ’n gereëlde basis skool mis om vernedering te vermy. Sedert die #HelpHanna-projek by die skole geïmplementeer is, kan onderwyseres egter ’n duidelike verbetering in meisies se skoolbywoning sien.

Die projek help 3600 meisies in 130 skole regoor die land en ontvang byna weekliks nuwe aansoek van skole. Hierdie projek is nie net in die armste gemeenskappe nie, maar selfs welvarende skole en gemeenskappe.

Helpende Hand se 157 takke samel ook produkte in om die projek verder te ondersteun. Die terugvoer van skoolverteenwoordigers bevestig ook die projek ’n groot gat vul en meisies se selfvertroue drasties verbeter.

Jy kan ook help. SMS die woord ‘helphanna’ na 38969 en skenk R10 tot ‘n Hanna-pakkie wat help om meisies in die skool te hou. SMS kos R10. Vir meer inligting oor die projek en hoe om betrokke te raak en ook by die projek te baat, besoek www.helpehanna.co.za.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button