
ʼn Vrou se kêrel het haar Saterdagoggend omstreeks 02:00 aangerand glo omdat sy met haar klere aan slaap.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die vrou in die bed geklim saam met haar kêrel. Hulle woon na bewering op ʼn plaas naby aan die Vereenigingpad.
“Nadat die vrou se kêrel in die bed geklim het, het hy haar begin skel omdat sy nog haar klere aan het. Hy het na die kombuis gegaan waarna hy terug gekom het met ʼn mes. Die vrou is in die hand en skouer gesteek,” het Manyoba gesê.
Die kêrel is later in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



