
Feather Voëlklublede kuier Donderdag 22 September by Dome Inn en Otter’s Haunt vir ’n oggend se voëlkyk. Tydens ‘n vorige besoek in Mei 2015 is daar 75 spesies aangeteken.
Om 18:30 Donderdagaand word die klub se maandelikse byeenkoms by die Sally Martinpark saal in Parys gehou. Johan Lötter het onlangs by die klub gepraat oor Namibië se ryk voëllewe en die spesiale voëls wat daar voorkom gewys.
Hansie Bekker sal vanaand (22 September) kom wys watter voëls hulle tydens ’n onlangse besoek aan Namibië gesien en aangeteken het.
In ’n poging om ook werkende voëlkykers die geleentheid te gee om saam te gaan op die uitstappies, sal die Oktober-uitstappie op Saterdag, 29 Oktober gehou word. Alle belangstellendes is welkom by die byeenkomste en uitstappies.
Skakel gerus vir Hansie Bekker (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Sanita Kemp by 072 421 8799 vir meer inligting.



