NewsNews

’n Nes in ’n tonnel is Swartpiek se keuse

Wanneer ons in die omgewing van die Vredefort Koepel rondry, is die Swartpiek/Ant-eating Chat (Myrmecocichla formicivora), een van die mees algemene voëltjies wat ons in die grasvelde te sien kry. Hulle is baie maklik om uit te ken waar hulle, in hul kemerkende regop houding, op die heinings langs die paaie of op termiethope in die veld sit. Hulle kom gewoonlik enkel of in pare voor, selde in groepies van tot vyf voëls, en hulle kan nogal lank op een plek stilsit. Die Swartpiek is ’n redelik klein donkerbruin tot swart voëltjie. Die mannetjie en die wyfie lyk eenders, behalwe dat die mannetjie ’n wit kol op die skouer het (sien foto van mannetjie).

Wanneer ons in die omgewing van die Vredefort Koepel rondry, is die Swartpiek/Ant-eating Chat (Myrmecocichla formicivora), een van die mees algemene voëltjies wat ons in die grasvelde te sien kry. Hulle is baie maklik om uit te ken waar hulle, in hul kemerkende regop houding, op die heinings langs die paaie of op termiethope in die veld sit. Hulle kom gewoonlik enkel of in pare voor, selde in groepies van tot vyf voëls, en hulle kan nogal lank op een plek stilsit.
Die Swartpiek is ’n redelik klein donkerbruin tot swart voëltjie. Die mannetjie en die wyfie lyk eenders, behalwe dat die mannetjie ’n wit kol op die skouer het (sien foto van mannetjie).
In vlug wys die wit vlerkvere ook baie opmerklik. Die voëls se roep, in vlug of vanaf ’n prominente sitplek, is nogal ’n vrolike mengelmoes van fluite en krassende note. Hulle maak ook soms ander voëls se roepe/sang na.
Die voëltjies se verspreiding strek oor feitlik die hele Suid-Afrika, behalwe in die laagliggende oostelike dele. Hulle is nie trekvoëls nie en bewoon die gebied waar hulle voorkom redelik permanent. Hulle is soms nomadies binne ‘n sekere gebied.
Swartpieke se dieet bestaan uit ’n verskeidenheid van insekte. Gedurende die somer, egter, oorheers miere die voëltjies se dieet en vandaar die Engelse naam van “Ant-eating Chat”. In die winter word dit met termiete aangevul. Hulle soek hulle prooi deur op die grond rond te spring of te hardloop. Hulle sal ook van ‘n uitkykpunt afduik grond toe om prooi te vang.
As broeityd aanbreek (Oktober – November), voer die mannetjie verskeie vertoonvlugte uit wat altyd gepaard gaan met luide sang.
Die Swartpiek is een van die unieke voëlspesies wat sy nes in ‘n tonnel in die grond maak. Die tonnel in grond-of-sandwal, of dikwels die dak van ‘n erdvarkgat, word deur albei lede van die broeipaar gegrawe. Die grawe-aksie word met die snawel en pote uitgevoer.
Die nestonnel kan van 35cm – 1.5m diep wees met ‘n broeikamer aan die einde. Die nes in die broeikamer is in die vorm van ‘n bakkie wat met droë plantmateriaal, ook deur albei lede, gebou word. Effekleur wit eiers, gewoonlik 3, word gelê na die nes voltooi is. Die uitbroei periode begin na die laaste eier gelê is en die taak wat 14 – 15 dae duur, word deur die wyfie alleen verrig.
Die kuikens word deur albei ouers gevoer en soms help lede van ‘n vorige broeisel van dieselfde familie ook om die jonger lede te voer. Na 15 – 18 dae kan die jong voëls vlieg en verlaat hulle die nes, maar word dan vir nog 7 – 10 dae lank deur die ouers gevoer, waarna hulle heeltemal onafhanklik is. Hulle sal egter nog die nestonnel gebruik om in te skuil as gevaar dreig en om in te slaap.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button