NewsNews

Regte pin of kind kry seer, dreig rowers

'n Gesin van Parys is erg getraumatiseer ná 'n gewapende roof Donderdagaand by 'n huis in Kraanvoëlsingel in die Oudewerfpark-woonbuurt in Parys. Die Tladi-gesin sê die rowers praat 'n dialek wat nie eie is aan die omgewing nie. Wat hul egter die meeste bekommer is dat die gewapende mans wat hulle oorval het, dit duidelik gestel het dat hul eintlik na "wit mense"' soek "omdat wit mense gewoonlik 'n kluis het", is aan Gazette gesê. Hulle het ook gedreig om 'n 2-jarige kind wat in die huis was, seer te maak as die Tladis nie die korrekte pinnommer van die 3 bankkaarte gee wat onder die buit was wat hulle uit die huis geneem het. Daar word steeds gesoek na die rowers en die gesteelde motor, 'n silwer Mercedes met registrasienommer FMT 788 FS. Enigeen met inligting wat kan help met die opspoor van die motor of die verdagtes word gevra om sonder versuim die polisie in Parys te skakel. Lees die volledige berig oor die roof en styging in misdaad die afgelope jaar in Parys in volgende week se Gazette.

‘n Gesin van Parys is getraumatiseer ná ‘n gewapende roof Donderdagaand by hul  huis in Kraanvoëlsingel in die Oudewerfpark-woonbuurt in Parys. Die Tladi-gesin sê die rowers praat ‘n dialek  wat nie eie is aan die omgewing nie. Wat hul egter bekommer is dat die gewapende mans wat hulle oorval het, duidelik gesê het dat hul eintlik na “wit mense”‘ soek “omdat wit mense gewoonlik ‘n kluis het”. Juis daarom wil hulle mense waarsku om versigtig te wees omdat misdaad ook in Parys ‘n realiteit is. Hierdie was die vierde keer dat by hul huis ingebreek is.

Die rowers het ook gedreig om ‘n 2-jarige kind wat in die huis was, seer te maak as die Tladis nie die korrekte pinnommer van die 3 bankkaarte gee wat onder die buit was wat hulle uit die huis geneem het. Daar word steeds gesoek na die rowers en die gesteelde motor, ‘n silwer Mercedes met registrasienommer FMT 788 FS. Enigeen met inligting wat kan help met die opspoor van die motor of die verdagtes word gevra om sonder versuim die polisie in Parys te skakel. Lees die volledige berig oor die roof en styging in misdaad die afgelope jaar in Parys in volgende week se Gazette.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button