NewsNews

Oudjuffrou spot oor plooie op 101

Op 101 is Nellie Ackermann van die Najaarusrus Tuiste vir Bejaardes in Parys nog vol kwinkslae en pragtig versorg. Met ’n vonkel in die oog vra sy ewe kontant: “Het ek nou genoeg plooie vir ’n juffrou wat 26 jaar skoolgehou het?”

Op 101 is Nellie Ackermann van die Najaarusrus Tuiste vir Bejaardes in Parys nog vol kwinkslae en pragtig versorg.
Met ’n  vonkel in die oog vra sy ewe kontant: “Het ek nou genoeg plooie vir ’n juffrou wat 26 jaar skoolgehou het?”
Vrydag 16 September was haar 101ste verjaardag wat sy hier saam met vriende en familie gevier het, maar sy onthou nog soos gister die paadjies wat die lewe haar laat loop het in die meer as ’n eeu.
Sy is op Middelburg in die Transvaal gebore en as Grondslagfase-juffrou het sy onder meer in Carolina en Klerksdorp skoolgehou.
Die afgelope 9 jaar is Najaarsrus haar tuiste.
Haar enigste dogter, Louisa Button, en enigste kleindogter, Petro Strydom, albei van Lindequesdrift, het dié groot dag saam met vriende met haar gedeel toe daar behoorlik partytjie gehou is. Naas haar dogter en kleindogter is sy ook oumagrootjie van twee, Charlenca en Fanus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button