LetterOpinions

Blommefees – maar basiese dienste kort

Ek verwys na die berig in verlede week se Gazette oor die aankondiging dat Parys gasheerdorp sal wees vir die eerste Vrystaatse Blommefees. Ek dog eers ek lees nie reg nie. Die munisipaliteit kan nie eers ons dorp netjies hou nie, en nou wil hulle ’n blommefees aanbied! Ek wonder of die LUR vir onder meer Toerisme in die Vrystaat besef dat die plaaslike munisipaliteit nie hul deel doen vir toerisme in die dorp nie. Die rivier, ons grootste toeriste bate en aanliggende gebiede, is vieslik vuil. Geen rommel word ooit opgetel nie en die paaie wat lei na die rivier (Esplanade-, Fick-, Boom-, Phillip-, Venus-, Buiten- en Grewarlaan) is in byna onrybare toestand. Ons gee wel krediet vir hoofsaaklik die hoofweë wat die afgelope jare opgradeer is. Die toestand van Mimosa Tuine is ’n nagmerrie vir enige toeris.

Ek verwys na die berig in verlede week se Gazette oor die aankondiging dat Parys gasheerdorp sal wees vir die eerste Vrystaatse Blommefees. Ek dog eers ek lees nie reg nie. Die munisipaliteit kan nie eers ons dorp netjies hou nie, en nou wil hulle ’n blommefees aanbied!
Ek wonder of die LUR vir onder meer Toerisme in die Vrystaat besef dat die plaaslike munisipaliteit nie hul deel doen vir toerisme in die dorp nie. Die rivier, ons grootste toeriste bate en aanliggende gebiede, is vieslik vuil. Geen rommel word ooit opgetel nie en die paaie wat lei na die rivier (Esplanade-, Fick-, Boom-, Phillip-, Venus-, Buiten- en Grewarlaan) is in byna onrybare toestand.
Ons gee wel krediet vir hoofsaaklik die hoofweë wat die afgelope jare opgradeer is.
Die toestand van Mimosa Tuine is ’n  nagmerrie vir enige toeris.
Dit is plaaslike belangegroepe, individue en die sakelui wat alles vir toerisme doen. Wat verwelkom ‘n toeris by Parys se drie ingange: Vuil sypaadjies, oop ruimtes met rommel (steeds van die padkontrakteur) en hope takke en vullissakke wat onwettig gestort word. Die hoek van Van Coller- en Boomstraat is elke naweek ‘n seeroog. Wie se verantwoordelikheid is dit? Die oulike “Groen Karretjies” word nêrens gesien nie.
Vele inwoners is trots op Parys en doen elkeen sy deel om dit ‘n toeristevriendelike dorp te maak, maar ongelukkig demotiveer die munisipaliteit se afwesigheid van basiese dienslewering baie van ons.
Maak eers skoon voor ons blom!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button