NewsNews

DA wys OG op kwelvrae oor Ngwathe geldsake

Die DA het sekere kwelvrae oor Ngwathe se geldsake onder die aandag van die Ouditeur-generaal gebring. Sy amptenare is tans besig met die jaarlikse finansiële oudit van Ngwathe. Dit nadat die nuwe Raad vir Ngwathe presies sewe weke na die munisipale verkiesing op 3 Augustus oënskynlik steeds onaktief is. Opposisielede is uitgesproke krities daaroor. Nie een van die belangrike Staande Komitees is nog formeel gevorm nie. DA-raadslid Arnold Schoonwinkel sê die DA-koukusvoorsitter, Carina Serfontein, vra weke lank herhaaldelik dat die komitees gefinaliseer word, maar sonder sukses. ’n Nuwe Finanskomitee is veral belangrik omdat dit oplossings vir Ngwathe se enorme skuldkrisis moet vind en aanbeveel. Ngwathe skuld oor die R500m aan Eskom en miljoene meer aan ander verskaffers.

Die DA het sekere kwelvrae oor Ngwathe se  geldsake onder die aandag van die Ouditeur-generaal gebring. Sy amptenare is tans besig met die jaarlikse finansiële oudit van Ngwathe.
Dit nadat die nuwe Raad vir Ngwathe presies sewe weke na die munisipale verkiesing op 3 Augustus oënskynlik steeds onaktief is. Opposisielede is uitgesproke krities daaroor. Nie een van die belangrike Staande Komitees is nog formeel gevorm nie. DA-raadslid Arnold Schoonwinkel sê die DA-koukusvoorsitter, Carina Serfontein, vra weke lank herhaaldelik dat die komitees gefinaliseer word, maar sonder sukses. ’n  Nuwe Finanskomitee is veral belangrik omdat dit oplossings vir Ngwathe se enorme skuldkrisis moet vind en aanbeveel. Ngwathe skuld oor die R500m aan Eskom en miljoene meer aan ander verskaffers.
Daar is ook arbeidsprobleme wat ten beste hanteer kan word wanneer die Raad sy nuwe Plaaslike Arbeidsforumlede aanstel. Ook dit is nog nie gedoen nie.
“Ek dink die versuim daarmee is onbeholpe, dalk selfs skandalig,” sê rdl. Phillip van der Merwe (VF+), ’n  prokureur van Heilbron, wat in die vorige Arbeidsforums gedien het.
Munisipale kantore in Parys was verlede maand dae lank gesluit weens ’n onbeskermde (dit wil sê onwettige) sloerstaking, nadat werkers uitgevind het dat sekere amptenare onreëlmatig bevorder is, met groot ekstra voordele vir hulle (Gazette, 8 September). Die ontevredenes het toe dieselfde voordele geëis en die kantore van die waarnemende munisipale bestuurder beset, totdat die bevorderings blykbaar onder druk gekanselleer is.
“Ongelukkig is ons as raadslede weer deur onbeholpe amptenare in die duister gehou,”  sê rdl. Saal de Jager (Wyk 12).
Hy kla ook dat raadslede se telefoonoproepe nie beantwoord is nie, hul e-posse word geïgnoreer en dat sommige senior amptenare klaarblyklik gereeld van hul poste afwesig is.
“Dit is totaal onaanvaarbaar en ons veg nou vir stappe om sake te verbeter.”
DA-raadslede het beloof dat hulle inwoners sal inlig oor wat hulle bereik om die swak dienslewering en leë beloftes aan te spreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button