HealthLifestyleNewsNews

Hoe moet jy jou gehoorapparaat versorg?

Hier is ‘n paar wenke om na jou gehoorapparaat om te sien: Vee jou binne-oor en die gehoorstuk met ‘n droeë lappie af voor jy die apparaat insit en wanneer jy hom uithaal. Geen water mag gebruik word met die gehoorstuk wat agter die oor geplaas word nie, hy sal dan nie meer werk nie. Was slegs die gedeelte wat binne die oor kom met warm water. Maak altyd seker die battery deur is mooi toe en werk versigtig met die deur omdat dit soms baie sensitief is. Moenie jou gehoorapparaat laat val nie.

Hier is ‘n paar wenke om na jou gehoorapparaat om te sien:

  • Vee jou binne-oor en die gehoorstuk met ‘n droeë lappie af voor jy die apparaat insit en wanneer jy hom uithaal.
  • Geen water mag gebruik word met die gehoorstuk wat agter die oor geplaas word nie, hy sal dan nie meer werk nie.
  • Was slegs die gedeelte wat binne die oor kom met warm water.
  • Maak altyd seker die battery deur is mooi toe en werk versigtig met die deur omdat dit soms baie sensitief is.
  • Moenie jou gehoorapparaat laat val nie.

Dit is baie belangrik dat die gedeelte van die gehoorapparaat wat binne die oor kom geen stukkies oorwas binne in hom dra nie, dit sal wel die klank affekteer.

Sorg altyd dat die pypie wat die oorstuk en gehoorapparaat met mekaar verbind ook skoon is en geen blokkasies het nie.

Waar slaap jou gehoorapparaat?

Die gehoorapparaat moet uitgehaal word waneer jy gaan slaap, die battery deur moet oopgemaak word.  Moenie jou apparaat laat rondlê nie.

Wanneer die gehoorapparaat nie wil werk nie:

  • Kyk altyd dat die batterydeur ordentlik toe is en dat die battery die regom ingesit is.
  • Vervang die battery.
  • Kyk dat die pypie nie geblokkeer is nie en die pypie moet ook nie geel en hard wees nie.
  • Maak seker dat die oorstukkie nie verstop is nie.
  • Verstel die verskillende programme op jou gehoorapparaat.

Kommunikasiewenke vir persone wat ‘n gehoor probleem het:

  • Vertel die persoon wat praat dat jy ‘n gehoor probleem het sodat hy/sy bewus is daarvan.
  • Volg die spreker se gesigsuitdrukkings en lyftaal.
  • Dit is baie belangrik om vir herhaling te vra indien jy nie seker was wat die spreker gesê het nie.
  • Probeer positief wees, ontspanne en neem deel aan gesprekke.
  • Wees aanpasbaar in verskillende situasies.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button